Wes-Kaap vra nóg oe­fen­tye vir pu­bliek

Die Burger - - 4 - www.wes­ter­n­ca­pe.gov.za/coro­na­vi­rus

Die Wes-Kaap­se re­ge­ring gaan die na­si­o­na­le re­ge­ring na­der oor by­ko­men­de tye vir die pu­bliek om deur die dag te mag oe­fen om te ver­hoed dat te veel men­se ge­lyk­ty­dig in die bui­te­lug oe­fen.

Alan Win­de, pre­mier, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê die re­gu­la­sies in­ge­vol­ge vlak 4 van die na­si­o­na­le in­per­king neem ook nie in ag dat die sons­op­koms la­ter in die Wes-Kaap is nie, ve­ral na­ma­te die win­ter na­der nie.

In­ge­vol­ge vlak 4-re­gu­la­sies word men­se toe­ge­laat om tus­sen 06:00 en 09:00 bin­ne 5 km van hul tuis­te te oe­fen.

Win­de sê in die Wes-Kaap bied dit ’n selfs klei­ner ven­ster­tyd­perk vir die groot aan­tal men­se wat wil oe­fen.

“’n Nug­ter be­na­de­ring is no­dig en daar­om sal die mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring ver­soek word om nog tye vir oe­fen aan te wys,” het hy ge­sê..

“Die be­perk­te tyd­perk vir oe­fe­ning dwing men­se om saam te drom, ter­wyl by­een­koms­te juis be­perk word om die ver­sprei­ding van Co­vid-19 te ver­hoed.

“My ver­soek aan al ons in­wo­ners is om so­ver moont­lik e­ni­ge sa­me­koms van men­se te ver­my. Jy moet ’n af­stand van an­der af be­hou. Jy moet al­leen gaan oe­fen. Dra ’n lap­mas­ker en volg die goue re­ëls van hi­gi­ë­ne.”

Teen gis­ter­mid­dag is 2 536 ge­val­le van Co­vid-19 in die Wes-Kaap aan­ge­meld, waar­van 696 men­se al her­stel het.

Van dié ge­val­le is 106 men­se in die hos­pi­taal en 35 in die waak­een­heid.

Win­de het be­ves­tig dat nog twee sterf­tes aan­ge­meld is, wat die to­taal op 48 te staan bring.

Teen gis­ter is 37 557 toet­se in die Wes-Kaap uit­ge­voer.

Da­ta oor Co­vid-19 is op die Wes-Kaap­se re­ge­ring se web­werf be­skik­baar:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.