Kla­en­de sport­lui krap ’n mens om

Die Burger - - 14 - Lal­lie de Wet, Ca­le­don

Ek het ’n pro­bleem met be­roep­sport­man­ne wat so kla om­dat hul­le nie hul vol­le sa­la­ris kry nou­dat daar geen sport is nie.

Eer­stens word hul­le heel­te­mal oor­be­sol­dig. As baie van hul­le ge­meet word aan die suk­ses wat hul­le be­haal, sou al­mal teen dié tyd son­der werk ge­wees het.

Kyk na die pa­vil­joe­ne. Dit is dol­leeg, want hul­le speel te vrot om dit vol te kry.

Baie jong men­se kan ook nie gou ge­noeg pro­fes­si­o­neel word nie. Tal­le los hul stu­die om so gou moont­lik be­roep­sport te be­oe­fen. Dan raak hul­le ge­woond aan ’n luuk­se leef­styl wat aan sport­lui ge­bied word, maar ver­geet dat die sport­mil­joe­ne nie vir e­wig gaan hou nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.