Ge­sond­heids­lui van Ku­ba: Hulp is wel­kom, maar . . .

Die Burger - - 8 -

Ter­wyl die koms van 217 ge­sond­heids­wer­kers van Ku­ba na Suid-A­fri­ka om met die stryd teen Co­vid-19 te help deur po­li­ti­ci ver­wel­kom word, bied die stand­punt van die Suid-A­fri­kaan­se Me­die­se Ver­e­ni­ging (SAMV) stof tot na­den­ke.

Die SAMV wys te­reg uit Suid-A­fri­ka het baie af­ge­tre­de er­va­re dok­ters wat in ge­kon­tro­leer­de om­stan­dig­he­de pa­si­ën­te kan on­der­soek, en ook raad aan jon­ger dok­ters kan gee en hulle kan men­tor.

Plaas­li­ke dok­ters en hul kun­dig­heid is eg­ter nie na be­ho­re be­nut nie. Ook kwyt die land hom goed van sy taak om die pan­de­mie in toom te hou en is ’n vol­skaal­se uit­bre­king so­ver ver­my.

In die po­li­tie­ke ge­dag­te­gang speel kom­mer oor ’n ver­lo­re kans vir eie me­die­se be­mag­ti­ging ge­wis geen rol nie. Die re­ge­ren­de ANC en Ku­ba was im­mers ven­no­te in Suid-A­fri­ka se be­vry­ding­stryd.

Daar­ná is bi­la­te­ra­le wis­sel­wer­king voort­ge­sit deur die ont­plooi­ing van Ku­baan­se op­ge­lei­des in tal­le vel­de in Suid-A­fri­ka, nie oral met wel­slae nie, en stu­den­te van hier wat soon­toe is vir op­lei­ding.

In die Vry­staat is on­der die pre­mier­skap van Ace Ma­gas­hu­le met ge­skal ’n stand­beeld vir Fi­del Cas­tro, Ku­baan­se oud­lei­er, op­ge­rig en ’n re­ge­rings­ge­bou na hom ge­noem.

En in Suid-A­fri­ka se uur van Co­vid-19-nood het Ku­ba op ver­soek van pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa nou ge­sond­heids­wer­kers hier­heen ge­stuur. Die hulp kom ter­wyl Ku­ba teen Vry­dag self meer as 1 300 ge­val­le, 525 her­stel­des en 56 sterf­tes ge­had het.

On­der die po­li­tie­ke par­tye wat die Ku­baan­se hulp ver­wel­kom, is ook die DA en die VF Plus, wat ge­woon­lik Ku­baan­se kruis­be­stui­wing teen­staan.

Die VF Plus grond sy uit­son­de­ring daar­op dat in p­ri­mê­re en voor­ko­men­de ge­sond­heid­sorg die Ku­ba­ne met sif­ting en toet­sing kan help. Die DA wys uit Suid-A­fri­ka het ge­noeg kun­di­ges en dat die Ku­ba­ne net aan­ge­wend moet word om ga­pings te vul.

Die Ku­ba­ne se koms ge­skied in­ge­vol­ge ’n “ruil­tran­sak­sie” met ’n vrag toerusting as pand. Dit ter­wyl be­rig word die “hulp” het Suid-A­fri­ka eint­lik R440 mil­joen uit die sak ge­jaag – aan vlug­kos­te, lug­ha­we­be­las­ting, kos­te vir me­die­se re­gis­tra­sie, ver­voer en ver­blyf.

Groot­moe­di­ge hulp is nie te ver­smaai nie, maar teen R440 mil­joen is dit vir ’n by­na ban­krot land ’n te hoë prys, ter­wyl ’n gul­de kans vir eie op­lei­ding in die ge­nees­kun­di­ge do­mein ver­speel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.