Vat ons vlak 2 toe, Cy­ril!

Die Burger - - 11 - FELIX DLANGAMAND­LA

Suid-A­fri­ka se re­ak­sie op Co­vid-19 word deur ge­sond­heids­kwes­sies ge­rig en te min aan­dag word aan die e­ko­no­mie ge­gee, skryf T­heuns Eloff.

Na­dat uit al­le oor­de ge­pleit (en soms ge­dreig) is vir ’n o­per e­ko­no­mie om­dat die staat van in­per­king so­veel ska­de aan­rig, het pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa on­langs ’n ef­fen­se ver­slap­ping in die aard van die in­per­kings aan­ge­kon­dig – van 1 Mei is die land op vlak 4.

Die ver­skil­le tus­sen die vlak­ke is aan­vank­lik net (voor­spel­baar) in me­die­se ter­me be­skryf, naam­lik die ge­tal in­fek­sie­ge­val­le en die ver­moë van die ge­sond­heid­sek­tor om die in­fek­sies te be­stuur. Eers daar­na het re­gu­la­sies ge­volg wat die vlak­ke ook in sa­ke- en e­ko­no­mie­se ter­me be­skryf het.

Die doel van hier­die aan­ge­pas­te ri­si­ko­be­na­de­ring is vol­gens die re­ge­ring om die e­ko­no­mie met ver­drag en in fa­ses oop te maak, maar al­tyd só dat die in­fek­sie­koers nie die hoog­te in­skiet nie.

Die re­gu­la­sies wat ver­le­de week ge­pu­bli­seer is, maak dit moont­lik vir ’n aan­tal sek­to­re om met meer of min­der per­so­neel voort te gaan of weer te be­gin funk­si­o­neer. Die re­ge­ring het ge­raam dat dit

1,5 mil­joen wer­kers sal toe­laat om te­rug te gaan werk toe. Die paar an­der ver­slap­pings sal nie ’n groot e­ko­no­mie­se im­pak hê nie.

As ’n mens die re­gu­la­sies lees, is die in­druk eg­ter een van ’n on­wil­li­ge staat wat ver­kies dat men­se nie werk nie en lie­wer tuis­bly, en dat net reg­tig nood­saak­li­ke diens­te ge­le­wer kan word. Hier­die bood­skap word ook by­na daag­liks van dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma en dr. Z­we­li Mk­hi­ze ge­hoor.

Dit is ’n voort­gaan­de pro­bleem en weer­spie­ël die hou­vas wat die me­die­se per­spek­tief steeds op die be­kam­ping van Co­vid-19 en sy ge­vol­ge het.

Trou­ens, by die lees van die jong­ste re­gu­la­sies, val dit op dat die mi­nis­ter in be­heer van die ramp­toe­stand (Dla­mi­ni-Zu­ma) en Mk­hi­ze eint­lik die he­le po­ging oor­heers en dat handel en ny­wer­heid maar moet in­val.

An­der mi­nis­te­ries, soos fi­nan­sies, speel by­na geen rol nie. Die ant­woord op Co­vid-19 bly hoof­saak­lik ’n me­die­se een.

Hon­ger­snood nie só ge­stuit

Die eer­ste vraag wat ge­vra moet word, is of die ver­slap­pings in vlak 4 ge­noeg is om die e­ko­no­mie weer aan die gang te kry.

As ’n mens die net-’n-toon-in-die­wa­ter hou­ding in ag neem, is die ant­woord ’n dui­de­li­ke nee.

Die 1,5 mil­joen wer­kers wat na die e­ko­no­mie te­rug­keer, is te min om ’n be­dui­den­de om­me­keer te be­werk­stel­lig. En die tyd loop uit vir ’n goeie her­stel. As ’n mens dink dat die in­for­me­le sek­tor 3 mil­joen men­se van ’n heen­ko­me voor­sien, en dat hul­le (met die uit­son­de­ring

‘‘

Wat hier­die mi­nis­ters moet ver­staan, is dat ’n luk­ra­ke en mog-het­trof­fe-be­na­de­ring nie e­ko­no­mie­se her­stel sal be­werk­stel­lig nie.

Dui­sen­de in­wo­ners van O­lie­ven­hout­bosch, suid van Cen­tu­ri­on, wag die na­week op kos­pak­kies.Fo­to:

van eie­naars van spa­za­win­kels en in­for­me­le han­de­laars) steeds uit­ge­sluit is en by die huis moet sit, is vlak 4-maat­re­ëls veels te min om die drei­gen­de hon­ger­snood in ver­al ar­mer ge­bie­de te stuit.

Dan praat ’n mens nie eens van die po­we­re po­gings van kor­po­raal Zu­lu en haar kor­nui­te van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling om kos­pak­kies by die ar­mes uit te kry nie. Vlak 4-re­gu­la­sies gaan niks aan hul lot ver­an­der nie. ’n On­ka­pa­be­le staats­diens kan ook nie.

Die t­wee­de vraag is of vlak 3 be­ter gaan wees. Die eer­ste aan­dui­dings is dat vlak 3 ’n gro­ter ver­slap­ping kan bied – met ver­vaar­di­ging by­na op vol­le s­terk­te, kom­mer­si­ë­le kon­struk­sie vol­le­dig oop, groot- en klein­han­del nog o­per, en myn­bou heel­te­mal oop.

Maar steeds sal be­we­gings­vry­heid in­ge­perk word so­dat die in­for­me­le sek­tor (waar die groot­ste nood is) ge­slo­te sal bly.

As ons ’n be­dui­den­de ver­an­de­ring in e­ko­no­mie­se her­stel wou sien, moes ons van 1 Mei af reeds by vlak 3 (of selfs 2) ge­wees het, en die in­for­me­le sek­tor moes vin­ni­ger oop­ge­maak word.

Mil­joe­ne men­se wat van stuk­werk en lo­ne af­hank­lik is, móét een­vou­dig toe­ge­laat word om ’n be­staan te maak – hul­le kan nie lan­ger wag vir die kos­pak­kie wat nie gaan op­daag nie.

Tot die land se skan­de, is ’n nu­we be­grip, “hon­ger­op­stan­de” be­sig om pos te vat – en nie eens 70 000 sol­da­te sal dit kan be­heer nie.

Die gro­ter vraag is eg­ter hoe kom ons by vlak 3 en die vol­gen­de vlak­ke uit? En wan­neer sal dit ge­beur? Wat is die maat­staf? Die kort ant­woord is: Nie­mand van ons ge­wo­ne sie­le weet nie.

As ’n mens na Mk­hi­ze se sta­me­len­de ant­woord op die vlak 3-vraag ver­le­de week by ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie luis­ter, klink dit of selfs hy nie weet nie: “Ons moet sta­dig in die la­er vlak­ke in­skuif, an­ders sal in­fek­sies weer toe­neem en ons sal be­heer ver­loor. Daar is nie ’n ma­gie­se sy­fer nie, ons moet dit so laag moont­lik hou.”

Maar dan volg ’n kwa­lik be­dek­te drei­ge­ment: As jul­le jul nie ge­dra en die re­gu­la­sies ge­hoor­saam nie, gaan ons te­rug na vlak 5 toe!

As sa­ke­lui moed op­gee . . .

Die oor­heer­sing van die me­die­se fak­to­re kom dui­de­lik in Dla­mi­niZu­ma en Mk­hi­ze se sie­nings uit.

Die nou reeds be­ken­de be­skou­ing van prof. Sa­lim Ab­dool Ka­rim, voor­sit­ter van die mi­nis­te­ri­ë­le ad­vies­ko­mi­tee oor Co­vid-19, dat die in­per­king sy doel ge­dien het om­dat dit vir die land tyd ge­koop het om die on­af­wend­ba­re piek in Sep­tem­ber/Ok­to­ber te kan han­teer, word nou groot­liks ge­ïg­no­reer.

Die ge­tal in­fek­sies (wat in elk ge­val gaan styg as ge­volg van be­ter toet­sing) word op die ag­ter­grond as dié maat­staf vir die suk­ses van vlak 4 be­skou. Daar word steeds lang­tand aan die e­ko­no­mie­se her­stel ge­byt. As toe­ne­men­de in­fek­sies (selfs in­di­rek) die maat­staf is, sal ons nooit by vlak 3 (en nog min­der 2 of 1) uit­kom nie.

Wat hier­die mi­nis­ters moet ver­staan, is dat ’n luk­ra­ke en mog­het-trof­fe-be­na­de­ring nie e­ko­no­mie­se her­stel sal be­werk­stel­lig nie. Dit is ook nie deur­sig­tig nie.

Die e­ko­no­mie her­stel net op ver­wag­tings en per­sep­sies. As dit lank (of selfs on­be­paald) toe­ge­hou word, sal baie sa­ke­men­se ge­woon moed op­gee en/of keel­vol word – met ka­ta­stro­fie­se ge­vol­ge.

Dink só daar­aan: As el­ke vlak so lank duur as die eer­ste in­per­king van drie we­ke, kom ons eers in Ju­lie by vlak 1 uit. Dit sal prak­ties ge­spro­ke e­ko­no­mie­se ska­de van drie maan­de be­te­ken. Selfs ’n e­ko­no­mie­se an­al­fa­beet moet be­sef dat dit ka­ta­stro­fies is.

Teen daar­die tyd is hon­ger lank­al nie meer han­teer­baar nie en die e­ko­no­mie is on­her­stel­baar be­ska­dig. En as ons dan in Sep­tem­ber die on­af­wend­ba­re piek met dui­sen­de in­fek­sies be­reik, gaan ons te­rug vlak 5 toe?

Me­die­se ar­gu­men­te kort­sig­tig

Die ver­moe­de dat die me­di­ci die ki­taar (al­leen) slaan, word be­ves­tig deur die on­sin­ni­ge ver­bod op die ver­koop van ta­bak­pro­duk­te in vlak 4 na­dat die pre­si­dent dit uit­druk­lik as toe­laat­baar aan­ge­kon­dig het.

Die twee mi­nis­ters se mo­ti­ve­rings vir die ver­bod is lag­wek­kend as dit nie so ir­ra­si­o­neel en tra­gies was nie. Mk­hi­ze se ant­woord op ’n vraag hier­oor ver­le­de week was, om die min­ste te sê, ’n ver­leent­heid vir sy pre­si­dent.

Vol­gens hom is ’n “he­le aan­tal fak­to­re” in ag ge­neem, maar die hoof­re­de is dat rook sleg is vir jou ge­sond­heid. Dit kan ro­kers meer vat­baar maak vir al­ler­han­de siek­tes en dan kan hul­le dalk kwes­baar vir die vi­rus wees.

As Mk­hi­ze se ar­gu­ment deur­ge­trek word tot sy lo­gie­se kon­se­kwen­sies, sal die ver­bod op ta­bak per­ma­nent (moet) word. Soos ie­mand ge­skryf het: Hier­die soort ver­bod ver­teen­woor­dig ba­sies swak wet­ge­wing om­dat dit by­kom­stig en ir­re­le­vant tot die pri­mê­re doel is, naam­lik om die ver­sprei­ding van die vi­rus te be­kamp.

Dla­mi­ni-Zu­ma se om­me­keer oor die saak en haar deur­sig­ti­ge ver­sko­ning dat ’n ver­soek­skrif met 2 000 voor­leg­gings teen rook haar ge­noop het om die ver­bod te hand­haaf, mis­luk ook klaag­lik.

As ’n mens wíl kop­pe tel, is daar 11 mil­joen vol­was­se Suid-A­fri­ka­ners wat rook. Hoe­kom nie na hul­le en hul reg om te rook luis­ter nie? ’n Ver­soek­skrif ten guns­te van rook het al am­per 400 000 hand­te­ke­nin­ge ge­kry.

Nee wat, die me­die­se on­der­rok en voor­oor­deel hang ver uit – en die ver­de­re ver­bod maak geen lo­gie­se sin nie.

Dit is heel moont­lik dat ’n hof sal be­vind die ver­bod is on­wet­tig om­dat dit ir­ra­si­o­neel is en nie lo­gies met die ver­sprei­ding van die vi­rus ver­bind kan word nie. In­tus­sen ver­loor die staat mil­joe­ne ran­de se brood­no­di­ge be­las­ting en die een ná die an­der mis­daad­sin­di­kaat in sluik­han­del ver­rys.

Dit is dui­de­lik daar is ver­skil­le in die ka­bi­net oor hoe e­ko­no­mie­se ver­lig­ting be­werk­stel­lig moet word. Die kort­sig­ti­ge, een­di­men­si­o­ne­le me­die­se ar­gu­men­te gaan ons op die lang duur baie meer ska­de be­rok­ken as die on­af­wend­ba­re ge­tal sterf­tes wat vir ons voor­lê.

Pres. Ra­map­ho­sa, men­se kan van hon­ger ook sterf. Roep u hals­star­ri­ge ka­bi­nets­le­de tot or­de en vat ons gou­er na vlak 3 en 2 en 1 toe, as­se­blief?

­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.