‘Ek sê al­tyd my voor­va­ders is met my en my God is met my. Dit is hoe­kom ek nog le­we’

■ Oud­pre­si­dent ver­tel van gif- en an­der dra­mas in pod­sen­ding

Die Burger - - 1 - Don­der­dag 7 Mei 2020 R11,00 (BTW in­ge­sluit) ●

Du­du­za­ne Zu­ma voer on­der­houd met sy pa, Ja­cob Zu­ma:

Oud­pres. Ja­cob Zu­ma sê sy vy­an­de het hom in 2014 drie soor­te gif in­ge­gee en selfs die dok­ters wat hom des­tyds in Rus­land be­han­del het, kon nie glo dat hy dit oor­leef het nie.

Zu­ma en sy seun Du­du­za­ne gee in ’n nu­we pod­sen­ding, “Zoo­m­ing with Zu­mas”, wat Dins­dag op YouTu­be ge­laai is, ’n blik op dié be­weer­de aan­slag op die oud­pre­si­dent se le­we, as­ook op an­der trau­ma­tie­se ge­beu­re wat die Zu­ma-fa­mi­lie deur die ja­re be­leef het.

Du­du­za­ne ver­tel van ’n dra­ma­tie­se red­dings­o­pe­ra­sie toe adj.pres. Da­vid Ma­bu­za glo by die dood om­ge­draai het toe hy nog pre­mier van M­pu­ma­lan­ga was.

To­ny Gup­ta was glo be­trok­ke by die ge­beu­re wat daar­op ge­volg het.

Die pod­sen­ding bied ook ’n blik op die ge­beu­re rond­om die dood van Ka­te Mants­ho, een van Zu­ma se vroue, en sy seun Vu­si. Zu­ma be­weer Vu­si is ver­moor om hom “by te kom”.

Zu­ma sê sy vy­an­de, wie se na­me hy nie wil noem nie, wil hom steeds weens sy rol in die vry­heid­stryd teen a­part­heid en sy po­li­tie­ke oor­tui­gings om die le­we bring.

Hy het in 2014 ge­hoor dat hy ver­gif­tig word na­dat sy ge­sond­heid skie­lik so ag­ter­uit­ge­gaan het dat hy soms nie op sy voe­te kon staan nie.

“Ek weet ook dat ek nie net een keer gif in­ge­kry het nie. El­ke keer as die vy­and ag­ter­ge­kom het dat ek be­ter lyk, het hul­le my nog ’n do­sis ge­gee,” sê Zu­ma.

Son­der om op veel be­son­der­he­de in te gaan, ver­tel Zu­ma dat hy op ’n se­ke­re pre­si­dent se knop­pie ge­druk het waar­na hy aan­ge­raai is om na Rus­land vir be­han­de­ling te gaan. Zu­ma sê die dok­ters daar “was ver­stom” dat hy dit oor­leef het.

“Ek sê al­tyd my voor­va­ders is met my en my God is met my.

‘‘

El­ke keer as die vy­and ag­ter­ge­kom het dat ek be­ter lyk, het hul­le my nog ’n do­sis ge­gee.

— Oud­pres. Ja­cob Zu­ma

Dit is hoe­kom ek nog le­we.”

Du­du­za­ne ver­tel op sy beurt dat hy Ma­bu­za in 2015 ge­help het om vir be­han­de­ling na Rus­land te gaan na­dat hy ook glo ver­gif­tig is.

T­ha­mi Ng­we­nya, Ma­bu­za se woord­voer­der, wou gis­ter by na­vraag nie kom­men­taar le­wer nie.

Du­du­za­ne be­weer dat Ma­bu­za des­tyds nie meer op sy ge­wo­ne ver­trou­e­lin­ge kon staat­maak nie. Vir sy eie vei­lig­heid moes die he­le red­dings­o­pe­ra­sie on­der streng ge­heim­hou­ding plaas­vind.

Du­du­za­ne ver­tel hoe Ma­bu­za in “storm­weer” met ’n he­li­kop­ter van Nel­spruit na Jo­han­nes­burg ge­neem is. ’n Pri­va­te vlieg­tuig het op die O.R. Tam­bo-lug­ha­we reg ge­staan om hom na Rus­land te neem.

Du­du­za­ne, wat Ma­bu­za glo ver­ge­sel het, sê Ma­bu­za was in daar­die sta­di­um so ver­swak dat hy op die lug­ha­we in ’n rol­stoel ge­stoot moes word. Sy ge­sig was glo be­dek so­dat hy nie her­ken kon word nie.

“Ons moes hom let­ter­lik by die vlieg­tuig in­dra. Hy kon skaars op sy eie loop,” sê Du­du­za­ne.

Ná ’n he­le rits kom­pli­ka­sies, on­der meer teg­nie­se pro­ble­me met die vlieg­tuig se en­jin, het hul­le na Rus­land ver­trek, waar Ma­bu­za be­han­del is.

Du­du­za­ne het glo in­tus­sen na Suid-A­fri­ka te­rug­ge­keer. Toe Ma­bu­za moes te­rug­keer, het Du­du­za­ne glo vir To­ny Gup­ta ge­vra om hom soon­toe te ver­ge­sel.

In die pod­sen­ding sê Du­du­za­ne om die een of an­der on­ver­klaar­ba­re re­de het die ver­hou­ding tus­sen hom en Ma­bu­za ná die voor­val ver­suur en Ma­bu­za het eens­klaps op­ge­hou om hom te bel.

“Een­dag sal ek en hy nog daar­oor praat. Ek vra hom nie vir e­ni­ge guns­te nie. Ek was deel van ’n span wat sy le­we ge­red het, maar ek vra nie voor­keur­be­han­de­ling nie,” sê Du­du­za­ne.

■ Hoe­wel dit nog on­dui­de­lik is of ’n twee­de e­pi­so­de gaan volg, sal “Zoo­m­ing with Zu­mas” lui­dens in­lig­ting hoof­saak­lik op sto­ries, de­bat­te en po­li­tie­ke ge­sprek­ke fo­kus.

Fo­to: SKERMGREEP/YOUTU­BE

Oud­pres. Ja­cob Zu­ma en sy seun Du­du­za­ne praat op hul nu­we pod­sen­ding, “Zoo­m­ing with Zu­mas”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.