Ver­moor­de kind glo ook ver­krag

Die Burger - - 4 - Ja­na B­rey­ten­bach Si­bu­si­so Da­ku­se

’n Klag van ver­krag­ting is ge­voeg teen die man wat glo ’n 12-ja­ri­ge seun van Hout­baai ver­moor het.

Die be­skul­dig­de het gis­ter in die land­dros­hof in Wyn­berg ver­skyn. Hy word daar­van aan­ge­kla dat hy Si­bu­si­so Da­ku­se, ’n gr. 7-leer­ling van die Sen­ti­nel P­ri­ma­ry S­chool, in Fe­bru­a­rie ver­moor het.

Si­bu­si­so het op 26 Fe­bru­a­rie ver­dwyn toe hy sy huis in Man­de­la Park ver­laat het om saam met vrien­de te gaan speel. Sy lyk is twee dae la­ter tus­sen rie­te op die plaas Kro­nen­dal ge­kry.

Die be­skul­dig­de is die Sa­ter­dag in heg­te­nis ge­neem na­dat in­wo­ners be­weer het Si­bu­si­so is laas saam met hom ge­sien.

E­ric N­ta­ba­za­li­la, woord­voer­der van die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, het be­ves­tig die staat het ’n klag van ver­krag­tig teen hom ge­voeg.

Hy het om borg­tog aan­soek ge­doen. N­ta­ba­za­li­la sê die saak is tot 18 Mei vir slot­be­toë en uit­spraak uit­ge­stel.

■ Die naam van die be­skul­dig­de word op regs­gron­de weer­hou tot hy ge­pleit het op die aan­klag van ver­krag­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.