Dis geen va­kan­sie op ei­land vir Jet nie

Die Burger - - 14 - Chris­to Bu­ch­ner

In die in­per­kings­tyd die laas­te klom­pie we­ke is daar se­ker in tal­le huis­hou­dings ge­sug: “Ai, as ons nou maar net op ’n plek soos Mau­ri­ti­us kon wees.”

Dis eg­ter an­ders vir ie­mand wat werk­lik op die ei­land ge­strand is en die ko­ro­na­vi­rus daar moet pro­beer ont­glip.

Die voor­ma­li­ge af­rig­ter van die Suid-A­fri­kaan­se krie­ket­span, Ray (Jet) Jen­nings is saam met sy vrou, Al­li­son, op die i­dil­lie­se ei­land van Mau­ri­ti­us vas­ge­keer.

“Ons het reeds op 20 Maart daar­heen ge­vlieg na­dat ’n vriend wat daar woon ons ge­nooi het,” sê hy. “Ons het ge­voel dit sal ont­vlug­ting wees van hoe die si­tu­a­sie in Suid-A­fri­ka kon ont­wik­kel. Wat my ge­pla het, was hoe die dis­si­pli­ne in ons land toe­ge­pas sou word.”

Na­dat hul­le ge­land het, is hul­le vir twee we­ke in ’n kwa­ran­tyn­ge­rief ge­plaas en dit was vol­gens Jen­nings soos om weer in ’n weer­mag­kamp te wees.

“Dit was maar ’n baie een­vou­di­ge plek. Die kos was baie ba­sies en nie goed nie en die ka­mer waar­in ek en my vrou moes bly, baie klein,” sê Jen­nings.

Hy en sy vrou het uit­ein­de­lik 18 dae in daar­die be­perk­te ruim­te deur­ge­bring voor­dat hul­le die kwa­ran­tyn-sen­trum kon ver­laat en by hul vrien­de gaan bly.

“Ek weet nie wan­neer ons uit­ein­de­lik ’n vlug te­rug huis toe sal kan kry nie. Dit voel of ons vir e­wig hier gaan bly!”

Vol­gens Jen­nings is die be­heer wat in Mau­ri­ti­us toe­ge­pas word baie deeg­lik. “Jy kan net uit­gaan en ba­sie­se in­ko­pies gaan doen op se­ke­re dae, wat in­ge­deel is vol­gens die men­se se ge­boor­te­da­tum. Jy kan nie na­by ’n strand kom nie en ho­tel­le is ge­sluit.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.