Le­de was oor­y­we­rig, sê kom­mis­sa­ris

Die Burger - - 4 - War­daH Mey­er

Die Wes-Kaap­se po­li­sie­kom­mis­sa­ris het die hard­han­di­ge op­tre­de van po­li­sie­be­amp­tes teen die ou­ers van ’n 21 maan­de oue kind op Mui­zen­berg-strand skerp ver­oor­deel.

Lt.genl. Yo­li­sa Ma­ta­ka­ta was ook kri­ties oor die voor­val in See­punt waar­in die mo­tor van ’n wel­doe­ner wat vroe­ër met die ge­reg en som­mi­ge in­wo­ners ge­bots het om­dat hy kos­pak­kies aan ha­we­lo­se men­se uit­deel Woens­dag­og­gend aan die brand ge­steek is.

Ma­ta­ka­ta het Woens­dag die pro­vin­si­a­le wet­ge­wer se ad hoc­ko­mi­tee oor Co­vid-19 oor die po­li­sie se be­dry­wig­he­de on­der die staat van in­per­king in­ge­lig.

Sy het ge­sê al­bei voor­val­le word on­der­soek.

Li­am Bul­gen en Te­re­za Cer­vin­ko­va het Maan­dag­og­gend met hul dog­ter­tjie langs die Mui­zen­berg­se pro­me­na­de ge­stap en is in heg­te­nis ge­neem toe die kind na die strand ge­hard­loop het.

Ma­ta­ka­ta het aan die ad hoc­ko­mi­tee er­ken dat die po­li­sie hard­han­dig teen­oor die paar­tjie op­ge­tree het.

“Dit was ’n on­ge­luk­ki­ge voor­val en ons le­de was oor­y­we­rig in hul op­tre­de. Wat ook al op daar­die oom­blik ge­beur het, moes lo­gi­ka en ge­son­de ver­stand toe­ge­pas ge­wees het. Ons han­teer die saak in­tern,” het sy die ko­mi­tee ver­se­ker.

Sy het ge­sê die voor­val in See­punt is kom­mer­wek­kend.

Dit spruit uit die twee­spalt on­der in­wo­ners van Mou­il­le­punt en See­punt oor of kos aan ha­we­lo­se men­se in die ge­bied ge­gee moet word en of hul­le eer­der by skui­lings hulp moet gaan soek.

B­rent Her­ron, Good-LPW, het die voor­tou op die ko­mi­tee­sit­ting ge­neem oor die See­punt­voor­val en ge­sê hy wil dui­de­lik­heid hê oor die po­li­sie se dis­si­pli­ne na­dat hy op Vry­heids­dag in­ge­lig is dat ’n po­li­sie­kap­tein van See­punt ’n in­wo­ner, wat ’n per­mit ge­had het om ha­we­lo­se men­se te voed, met in­heg­te­nis­ne­ming ge­dreig het.

“Ek het op die­self­de dag die saak met die po­li­sie en die WesKaap­se pre­mier be­spreek en dui­de­lik­heid ge­kry dat dit wel wet­tig was en dat die po­li­sie ver­keerd op­ge­tree het.”

Her­ron sê in­wo­ners het op Fa­ce­book hul on­te­vre­den­heid uit­ge­spreek dat die in­wo­ner steeds ha­we­lo­se men­se kos gee. Sy be­son­der­he­de – waar­on­der sy fo­to, naam, a­dres, ’n be­skry­wing van sy mo­tor en die re­gis­tra­sie­nom­mer – is op Fa­ce­book be­kend ge­maak.

Her­ron het ge­sê die be­trok­ke po­li­sie­man het die in­wo­ners glo in­ge­lig dat hy wat Her­ron is die kwes­sie ge­op­per het en dat die po­li­sie­man nou nie meer men­se wat ha­we­lo­se men­se kos gee mag keer nie. Die po­li­sie­man be­weer ook dat sy werk nou in die ge­drang is.

“Die goeie sa­ma­ri­taan se be­son­der­he­de en my be­trok­ken­heid by die saak is op Fa­ce­book be­kend ge­maak en kort daar­na is die sa­ma­ri­taan se mo­tor aan die brand ge­steek.”

Her­ron het ge­sê hy be­gryp nie hoe die po­li­sie­kap­tein weet dat hy (Her­ron) die kwes­sie on­der die po­li­sie­be­stuur se aan­dag ge­bring het nie.

Ma­ta­ka­ta het ge­sê as po­li­sie­be­stuur maak hul­le se­ker dat al­le le­de te al­le tye op die hoog­te van e­ni­ge ver­an­de­rings in die in­per­kings­re­gu­la­sies is.

“Die saak van die voer­tuig wat aan die brand ge­steek is, word on­der­soek en die po­li­sie­lid se op­tre­de gaan ook on­der­soek word.”

■ B­rig. P­re­ston Voskuil, hoof van or­ga­ni­sa­sie-ont­wik­ke­ling en s­tra­te­gie­se be­stuur, het die pro­vin­si­a­le ko­mi­tee in­ge­lig dat 153 po­li­sie­le­de tot dus­ver po­si­tief vir die ko­ro­na­vi­rus­siek­te ge­toets is en dat 24 le­de reeds her­stel het. Al­te­saam 124 po­li­sie­le­de is tans in sel­f­i­so­la­sie en vyf word ge­hos­pi­ta­li­seer.

Voskuil het ge­sê se­dert die in­per­king het die po­li­sie 16 833 sa­ke ge­o­pen en 17 059 men­se weens die ver­ont­ag­sa­ming van die in­per­kings­re­gu­la­sies aan­ge­kla.

“Van die 17 059 het 16 494 skuld­er­ken­nings on­der­te­ken, 565 is op waar­sku­wings vry­ge­laat, drie het po­li­sie­borg­tog ge­kry en net vyf men­se is in aan­hou­ding.”

Die vyf in aan­hou­ding is in ver­band met sa­ke­roof­tog­te in Ny­an­ga, S­tel­len­bosch, Wor­ces­ter en Tul­bagh in heg­te­nis ge­neem.

Voskuil het ge­sê uit­da­gings vir die po­li­sie is ge­meen­skap­pe se ver­suim om die re­gu­la­sies na te kom, vals nuus oor die af­le­we­ring van kos­pak­kies wat tot bur­ger­li­ke on­rus lei, en be­per­kings op “mag­te-ver­me­nig­vul­di­gers” soos buurt­wag­te.

Fo­to: MELINDA STUURMAN

Lt­w­gen­l­wH Yo­li­saH Ma­ta­ka­ta HHHHHHHH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.