Rock­ster Litt­le Ri­chard oor­le­de

Die Burger - - 3 - Litt­le­ Ri­chard

Die le­gen­da­rie­se rock ’n roll-ster Litt­le Ri­chard (87), ver­al be­kend om sy lied­jies soos “Tut­ti Frut­ti”, “Long Tall Sal­ly” en “Lu­cil­le”, is dood.

Die pre­sie­se oor­saak van sy dood is nog nie be­kend nie.

Litt­le Ri­chard, ge­bo­re in die A­me­ri­kaan­se staat Ge­or­gië as Ri­chard Pen­ni­man, was vol­gens The Gu­ar­di­an die laas­te paar dae siek. Sy ge­sond­heid het ag­ter­uit­ge­gaan weens ’n hart­aan­val, ’n be­roer­te en heup­pro­ble­me.

Sy seun Dan­ny Pen­ni­man, het aan die tyd­skrif Rol­ling S­to­ne be­ves­tig sy pa is dood, maar het nie ge­sê waar­aan nie.

Kel­vin Hol­ly, nog ’n le­gen­da­rie­se mu­si­kant, het op Instagram ge­skryf Litt­le Ri­chard “was die wa­re ko­ning”.

Litt­le Ri­chard was wild en flam­bo­jant wan­neer hy kla­vier ge­speel het en hy was ’n in­spi­ra­sie vir on­der an­de­re El­ton John.

Vol­gens Rol­ling S­to­ne het El­ton John ge­sê die eer­ste keer toe hy Litt­le Ri­chard en Jer­ry Lee Le­wis ge­hoor het, het dit sy mu­siek­styl ge­vorm. Hy het er­ken dat hy die styl van Litt­le Ri­chard na­ge­volg het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.