Mas­kers van die vrees

Die Burger - - 11 - An­ton van Nie­kerk Van Nie­kerk is ’n uit­ge­le­se pro­fes­sor in fi­lo­so­fie en di­rek­teur van die sen­trum vir toe­ge­pas­te e­tiek aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

In 1955 pu­bli­seer die ge­vier­de A­fri­kaan­se dig­ter en in­tel­lek­tu­eel N.P. van Wyk Louw ’n reeks op­stel­le met die ti­tel “Mas­kers van die erns”. Die o­pe­nings­op­stel han­del oor die “oop ge­sprek”.

By al Suid-A­fri­ka (en die A­fri­ka­ner­dom) se baie fou­te, is die een ding wat Louw ver­al on­der ons waar­deer, ons “oop ge­sprek­ke”.

Vol­gens hom is dit “ge­sprek­ke waar­in jy oor al­les kon praat; waar geen stand­punt te ‘ge­waagd’ was nie, waar jy al­le moont­li­ke vor­me van die le­we – tot die vreemd­stes toe – van al­le kan­te kon be­na­der, en waar die ge­sprek tog nooit tot be­le­di­ging, twis of woe­de sou ont­aard nie”.

Louw sou se­ker in 1955 be­swaar­lik kon glo wat die al­les­oor­heer­sen­de on­der­werp van o­pen­ba­re ge­sprek 65 jaar la­ter (in Mei 2020) sou wees!

Ons wor­stel nou – een en al­mal, wit, swart, pienk en pers – met ’n vi­rus wat men­se­le­wens op die gan­se pla­neet be­dreig.

Daar is ma­nie­re om die ef­fek van hier­die stil, on­sig­ba­re pes te be­red­der.

Daar­voor moet men­se saam­werk on­der ver­stan­di­ge lei­ding van die o­wer­he­de. En om dit te be­reik, verg ’n oop ge­sprek soos sel­de te­vo­re – al is dit ’n ge­sprek wat, by voor­keur, let­ter­lik ag­ter mas­kers vol­trek (moet) word.

Wat ons eg­ter tans in die o­pen­ba­re ge­sprek oor hier­die be­drei­ging ge­waar­word, is al­les be­hal­we ’n oop ge­sprek wat men­se wyd­lo­pend mo­ti­veer om saam te werk en re­sul­ta­te te be­haal, dit wil sê ’n ge­sprek waar­in stand­pun­te en ver­eis­tes re­de­lik be­grond word.

Die “ge­sprek” is veel­eer ’n stel im­pe­ra­tie­we waar­in toe­ne­mend van o­wer­heids­weë staat­ge­maak word op die taal, nie van hoop nie, maar van vrees.

Die mas­kers waar­ag­ter ons “lei­ding” ont­vang, is toe­ne­mend mas­kers, nie van die “erns” nie, maar van die vrees.

Aan die be­gin, toe die in­per­king af­ge­kon­dig is, was dit an­ders. Toe het ons ’n pre­si­dent op te­le­vi­sie ge­sien wat rus­tig sy lands­bur­gers in sy ver­troue neem, die om­vang van die kri­sis om­vat­tend dog be­daard ver­dui­de­lik, en daar­in slaag om men­se se in­stem­men­de sa­me­wer­king te wen.

On­ge­luk­kig het hy se­dert­dien toe­ge­laat dat ’n wel­oor­woë plan van ak­sie om die vi­rus te be­heer, ont­aard het in die uit­vaar­di­ging van ’n steeds uit­dy­en­de stel re­gu­la­sies (meer as 500!) wat, on­der­skraag deur hu­mor­lo­se drei­ge­men­te, deur ANC-ap­pa­ratsjiks af­ge­kon­dig word – son­der ar­gu­ment en son­der ra­si­o­ne­le ver­ant­woor­ding.

Die ap­pa­ratsjiks wat ons dees­dae moet aan­hoor, het baie gou die een ding ont­dek wat al­tyd goed werk wan­neer mag een­sy­dig in ’n paar han­de ge­kon­sen­treer word.

Dit is naam­lik die taal van vrees – ’n vrees wat so­veel ver­er­ger word deur die mas­kers waar ag­ter hier­die drei­ge­men­te ver­me­nig­vul­dig word.

In die naam van hier­die vrees vlieg be­gron­de ar­gu­men­te by die ven­ster uit.

Skie­lik word rook, wat nog al­tyd in Suid-A­fri­ka toe­ge­laat is, met een pen­ne­streep ver­bied, ter­wyl al­mal weet dit gaan voort, ver­ryk voort­aan s­legs die bank­re­ke­nings van smok­ke­laars, ter­wyl die staat se be­las­ting­in­kom­ste tans met so­wat R250 mil­jard in­ge­kort word.

Om kos­pak­kies te help uit­deel waar werk­li­ke nood be­staan, word ’n kri­mi­ne­le oor­tre­ding – s­legs die staat mag!

Dit word ’n e­nor­me pro­bleem om bloot te kan te­rug­keer werk toe, ter­wyl des­kun­di­ges ons waar­sku dat die e­ko­no­mie van­jaar met meer as 10% sal krimp.

Die ar­gu­men­te dat hon­ger­snood meer slag­of­fers gaan eis as die vi­rus, word tot sat­wor­dens toe her­haal, maar die o­wer­he­de re­a­geer s­legs met die taal, en van ag­ter die mas­kers, van vrees.

Dis daar­om dat al hoe meer men­se se groot­ste vrees nie meer die vi­rus is nie, maar die op­skor­ting van die oop ge­sprek – dit wil sê: die ver­woes­ting van die de­mo­kra­sie in die naam van vrees.

‘‘ Die ap­pa­ratsjiks wat ons dees­dae moet aan­hoor, het baie gou die een ding ont­dek wat al­tyd goed werk wan­neer mag een­sy­dig in ’n paar han­de ge­kon­sen­treer word. Dit is die taal van vrees.

Fo­to: GETTY IMAGES

B­he­ki Ce­le, die mi­nis­ter van po­li­sie, is be­kend vir sy soms om­stre­de uit­la­tings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.