‘Ster­re moet vir pro­vin­sies speel’

Die Burger - - 15 - Chris­to Bu­ch­ner

Gaan te­rug na die krie­ket­dae soos wat Suid-A­fri­ka be­leef het in die i­so­la­sie­ja­re.

Dit is nog een van die voor­stel­le van dr. Ali Bacher, ’n oud­kap­tein van die Suid-A­fri­kaan­se toets­span en la­ter een van die suk­ses­vol­ste k­rie­ket-ad­mi­nis­tra­teurs wat dié land tot nog toe ge­had het.

Wat Bacher met daar­die stel­ling be­doel, is dat plaas­li­ke k­rie­ket wê­reld­wyd ge­speel moet word met al daar­die lan­de se in­ter­na­si­o­na­le spe­lers, wat vir hul on­der­skeie pro­vin­sies be­skik­baar moet wees.

“Ek stel voor as k­rie­ket ten vol­le her­vat kan word, moet die in­ter­na­si­o­na­le spe­lers bin­ne daar­die land aan­ge­moe­dig word om in hul plaas­li­ke reek­se te speel.

“In die vroeë se­wen­tigs, met Suid-A­fri­ka wat sy i­so­la­sie-tyd­perk be­gin het, het al ons S­pring­bok­ke vir hul pro­vin­sies ge­speel. So het Mi­ke Procter en Bar­ry Ri­chards vir Na­tal ge­speel, die Pol­lock-broers, Gra­e­me en Pe­ter, vir die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie en ek het ge­vind dat die plaas­li­ke reeks net so taai en me­de­din­gend was as e­ni­ge toets waar­in ek ge­speel het,” sê Bacher.

Hy het ook ver­le­de week ge­sê hy re­ken wan­neer in­ter­na­si­o­na­le k­rie­ket her­vat word, dit in neu­tra­le lan­de en leë sta­di­ons ge­speel kan word, maar dat TV­dek­king baie be­lang­rik gaan wees, aan­ge­sien dit ’n in­kom­ste vir die spel sal ge­ne­reer.

Bacher glo die vi­rus sal nog tus­sen en jaar en ’n half en twee jaar neem om hom uit te woed en dat in­ter­na­si­o­na­le k­rie­ket daar­ná eers na nor­maal sal te­rug­keer.

Hy het ook k­rie­ket se ge­skie­de­nis­boe­ke af­ge­stof om te staaf dat die spel wel ’n lang on­der­bre­king sal kan oor­leef.

“Met die Eer­ste Wê­reld­oor­log tus­sen 1914 en 1918 was daar ’n on­der­bre­king in die spel en met die Twee­de Wê­reld­oor­log tus­sen 1939 en 1945 was daar vir ses jaar geen in­ter­na­si­o­na­le k­rie­ket nie en was plaas­li­ke k­rie­ket ook baie be­perk.

“Tog het die spel oor­leef en is dit se­dert die twee­de helf­te van die 1940’s tot nou toe ge­speel. Ek glo die spel is sterk ge­noeg om ook dié te­rug­slag te bo­we te kom,” sê Bacher.

Dr. Ali Bacher

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.