Oud-boks­kam­pi­oen hou nou sy lyf John Tra­vol­ta

Die Burger - - 15 - Mi­cha­el G­reen

Die in­per­kings­tyd het ’n on­ver­wag­se ver­maak­lik­heid­ster op­ge­le­wer, met die voor­ma­li­ge boks­kam­pi­oen Jo­seph Par­ker wat dees­dae sy lyf ak­teur hou.

Par­ker maak in ’n reeks vi­deo’s of hy sing en dan voer hy be­ken­de to­ne­le uit flieks soos G­re­a­se en The Rocky Hor­ror Pic­tu­re S­how op.

Dié Nieu-See­land­se bok­ser, wat ’n paar jaar ge­le­de die Wê­reld­boks­or­ga­ni­sa­sie se swaar­ge­wig­ti­tel­hou­er was, word deur die rol­prent­ma­ker Ker­ry Rus­sell by­ge­staan met die maak van die vi­deo’s. Dié vi­deo’s is aan­vank­lik op In­sta­gram en T­wit­ter ge­plaas en kan nou ook op YouTu­be ge­sien word.

In die to­neel uit G­re­a­se wat Par­ker ge­tei­ken het, dans hy soos ’n waf­fer­se John Tra­vol­ta en wys hy dat hy nog­al uit­ge­knip is vir ko­mie­se rol­le.

Sy le­wens­maat, Lai­ne Ta­vi­ta, lyk meer erns­tig en hul twee kin­ders, E­li­za­beth en S­hi­loh, lyk bloot ver­ward met hul ou­ers se ka­per­jol­le.

Ver­skeie van Par­ker se vrien­de het ook beeld­ma­te­ri­aal van hul­self met hul sel­foon af­ge­neem en vir Rus­sell aan­ge­stuur vir die Rocky Hor­ror-vi­deo.

’n Mens sien vir Par­ker aan die be­gin en dan doen sy vrien­de die “Ti­me Warp”.

Ty­son Fu­ry, die Wê­reld­boks­raad se swaar­ge­wig­kam­pi­oen, kan on­der an­de­re ge­sien word waar hy hom­self ook ver­spot hou.

Par­ker be­plan in­tus­sen om in Au­gus­tus teen die Aus­tra­li­ër Lu­cas Bro­w­ne voor net so­wat100 toe­skou­ers te boks.

Daar moet nog be­sluit word pre­sies waar die ge­veg gaan plaas­vind.

Jo­seph Par­ker

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.