Rug­by in leë sta­di­on ‘nie lek­ker’

Die Burger - - 16 - S­te­phen Nell

Suid-A­fri­kaan­se s­pe­lers wat won­der hoe dit gaan voel om rug­by ag­ter ge­slo­te deu­re te speel, kan by die S­pring­bok­vas­kop­stut Vin­cent Koch gaan kers op­steek.

Die 30-ja­ri­ge Koch het ge­sê hy moes in die kleu­re van Sa­ra­cens in ’n Eu­ro­pe­se wed­stryd teen C­ler­mont on­der daar­die om­stan­dig­he­de speel.

“Ons sou die Sa­ter­dag ge­speel het, maar daar was ’n sneeu­storm en die wed­stryd is ter wil­le van men­se se vei­lig­heid ge­kan­sel­leer, om­dat nie­mand in die sneeu sta­di­on toe kon ry nie.

“Ons het toe Maan­dag ag­ter ge­slo­te deu­re ge­speel. Dit het baie vreemd ge­voel. Dit was nie

’n lek­ker er­va­ring nie.”

Die feit dat C­ler­mont met 4614 ge­wen het, het waar­skyn­lik daar­toe by­ge­dra dat dit ’n on­aan­ge­na­me er­va­ring was.

“Ons het vies­lik ver­loor,” het Koch ge­sê.

“Ons het hul­le ’n bie­tjie on­der­skat. Ons het ge­weet die Fran­se hou nie van reis nie. Hul­le was lan­ger van hul ge­sin­ne af weg en hou nie van ont­wrig­ting nie.

“Ons het as’t wa­re ge­dink hul­le gaan nie op­daag nie, maar dit was al­ler­mins die ge­val. Hul­le was kwaad dat hul­le lan­ger moes bly en het uit­ge­kom om ’n punt te be­wys.”

Koch meen die deur­slag­ge­wen­de fak­tor vir s­pe­lers sal wees om on­der die vreem­de om­stan­dig­he­de hul e­ner­gie uit me­kaar te put.

“Jy moet dit soos el­ke an­der wed­stryd han­teer. Jy speel vir die ou­ens rond­om jou en langs jou. Jou in­ge­steld­heid moet wees om dít wat jy moet doen te gaan uit­voer. Jy moet luis­ter na die af­rig­ters se wed­stryd­plan en dan jou werk doen. Die res sal self volg.”

Dis hier waar span­gees baie be­lang­rik is, meen Koch.

“Op die ou end is vriend­skap­pe en die ver­troue wat jy on­der­ling bou, die din­ge wat tel.”

Ter­wyl dit moei­lik is om jou in te dink om ag­ter ge­slo­te deu­re te speel, meen Koch dit sal in die be­lang van rug­by wees.

“Dis al­tyd lek­ker om on­der­steu­ners by wed­stry­de te hê, maar ons weet dit kan dalk die eer­ste paar maan­de (na­dat die spel her­vat is) nie ge­beur nie. Dit maak heel­te­mal sin om men­se se vei­lig­heid en ge­sond­heid voor­op te stel.

“Dit sal vreemd wees, maar dit sal die uit­saai­ers ook help. Men­se is weer hon­ger vir sport. Die be­lang­rik­ste is dat ons weer kan speel en die men­se weer (op TV) kan kyk.”

Die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie wil graag in Ju­nie met ’n plaas­li­ke reeks vir sy fran­chi­se-span­ne be­gin, maar dis hoogs on­waar­skyn­lik dat dit gaan ge­beur ge­ge­we dat die s­pe­lers nog nie eens te­rug op die oe­fen­veld is nie.

’n Meer re­a­lis­tie­se doel­wit – in­dien dit die re­ge­ring se goed­keu­ring weg­dra – is om vir ’n Cur­rie­be­ker-reeks la­ter in die jaar te mik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.