KORTLIKS

Die Burger - - 2 - A­let­ van­ der­ Walt

Die staat van in­per­king en die in­vloed daar­van op die e­ko­no­mie gaan vee­boe­re waar­skyn­lik veel swaar­der tref as graan­pro­du­sen­te, sê land­bou­ken­ners.

Nick Ser­fon­tein, hoof van die Ser­nick-groep, sê die in­per­kings is siel­kun­dig goed vir boe­re se beeld. “Boe­re is nou die hel­de, hul­le gee die land kos en dit is goed vir hul po­li­tie­ke beeld en hul beeld by die be­vol­king.”

Hy sê land­bou is in ’n be­ter po­si­sie as an­der be­dry­we. “Die vraag na rooi­vleis is op me­di­um­ter­myn swak, maar dit kan op lang ter­myn ver­an­der.”

Jo­han Wil­lem­se, land­bou-e­ko­noom, sê die plaas­li­ke e­ko­no­mie sal na ver­wag­ting met 16% in­krimp. Hy sê die ver­bruik van mie­lie­meel styg skerp, maar die vraag na bees- en skaap­vleis het ge­daal, en selfs die prys van vark­vleis het met 20% ge­daal.

Hy sê die slui­ting van re­stau­ran­te en kits­kos­re­stau­ran­te het ook ’n baie na­de­li­ge im­pak op die vraag na vleis­pro­duk­te.

Hy sê wê­reld­wyd het graan­pry­se ge­daal, maar om­dat die rand ter­self­der­tyd ver­swak het, voel graan­boe­re nie die uit­wer­king van die la­er graan­prys nie.

Die swak rand het graan­boe­re ge­red, sê hy.

Boe­re is ook ge­luk­kig dat daar van­jaar ’n baie groot mie­lie­oes is.

Dr. F­rik­kie Maré van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat se de­par­te­ment land­bou-e­ko­no­mie sê ver­brui­kers sal nou hul sen­te om­draai en vark­vleis en be­vro­re hoen­der koop.

Men­se sal nou na be­kos­tig­ba­re pro­te­ïen­bron­ne kyk en ei­ers sal ook ge­wild wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.