6 dood in Rus­sie­se hos­pi­ta­le toe ven­ti­la­tors brand

Die Burger - - 3 -

On­der­soek word in­ge­stel na die vei­lig­heid van Rus­sies ver­vaar­dig­de ven­ti­la­tors na­dat ses men­se ge­sterf het in bran­de in hos­pi­ta­le waar dié ma­sjie­ne ge­bruik is. Vyf men­se is Dins­dag in die St. Ge­or­ge-hos­pi­taal in St. Pe­ters­burg dood.

’n Bron het aan die nuus­a­gent­skap Tass ge­sê die brand het uit­ge­breek toe ’n ven­ti­la­tor in die saal aan die brand ge­raak het. Nog ie­mand is Sa­ter­dag in ’n soort­ge­ly­ke brand in ’n hos­pi­taal in Mo­s­kou dood.

Die or­ga­ni­sa­sie wat toe­sig hou oor ge­sond­heid­sorg in die land sê hy on­der­soek die ge­hal­te en vei­lig­heid van die ven­ti­la­tors, ter­wyl die hos­pi­taal in

St. Pe­ters­burg die ge­bruik van die ven­ti­la­tors eers ge­staak het. Die ver­vaar­di­ger het men­se aan­ge­moe­dig om nie te gou ge­volg­trek­kings te maak nie.

Van dié ven­ti­la­tors, die A­ven­ta-M, is aan die be­gin van A­pril na A­me­ri­ka ge­stuur om daar met die be­han­de­ling van Covid-19-pa­si­ën­te te help. Die ven­ti­la­tors is eg­ter nooit na die hos­pi­ta­le ge­stuur nie, het Ja­net Mon­te­si, woord­voer­der van die A­me­ri­kaan­se fe­de­ra­le a­gent­skap vir nood­hulp, ge­sê. Met die af­plat­ting van die kur­we was die ven­ti­la­tors nie meer no­dig nie, het sy ge­sê.

Die ven­ti­la­tors sal nou aan die fe­de­ra­le nood­be­stuur­a­gent­skap te­rug­ge­stuur word, het Mon­te­si ge­sê.

Die maat­skap­py wat die ven­ti­la­tors ver­vaar­dig het, be­weer dat dit al die no­di­ge toet­se ge­slaag het en se­dert 2012 son­der e­ni­ge vei­lig­heids­pro­ble­me in Rus­land ge­bruik word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.