Kri­sis kan dié par­tye baat

’n So­sio-e­ko­no­mie­se kri­sis word in die na­draai van die Covid-19-pan­de­mie voor­spel. Sal dit dié kri­sis wees wat ’n par­ty soos die EFF in staat kan stel om sy po­li­tie­ke spie­re te bult? vra Pie­ter La­bu­schag­ne.

Die Burger - - 15 -

Daar word dik­wels ge­sê dat el­ke staat ’n vy­and no­dig het om sy on­der­da­ne te laat saam­staan.

Dié be­gin­sel geld, met ’n klein aan­pas­sing, se­ker­lik ook in die po­li­tiek: El­ke klein par­ty het ’n kri­sis of ka­ta­stro­fe bit­ter no­dig om in ’n kort tyd­jie baie vin­nig te groei.

Die kri­tie­ke vraag in Suid-A­fri­ka is of die dub­be­le kri­sis van beurt­krag en die Covid-19-pan­de­mie juis was waar­op ’n re­la­tief klein par­ty soos die EFF ge­hoop het om dras­tie­se groei te be­werk­stel­lig so­dat hy die ANC se po­li­tie­ke oor­heer­sing kan uit­daag?

Die di­na­miek van ver­skui­wen­de steun sal oor die vol­gen­de 12 tot 24 maan­de ge­sien word so­dra die vol­le im­pak van beurt­krag en Covid-19 op die e­ko­no­mie ge­voel word.

E­vo­lu­si­o­nêr, nie re­vo­lu­si­o­nêr

Die steun vir po­li­tie­ke par­tye in Suid-A­fri­ka het se­dert 1994 ’n meer e­vo­lu­si­o­nê­re as re­vo­lu­si­o­nê­re tra­jek ge­volg. Daar­mee word be­doel dat die steun of ver­lies aan steun vir die ver­naam­ste par­tye meer ge­lei­de­lik as dras­ties was.

As ’n mens by­voor­beeld na steun vir die ANC kyk se­dert die eer­ste de­mo­kra­tie­se ver­kie­sing in 1994, sien jy dat dit hoof­saak­lik bin­ne ’n ge­ma­ti­ge band van 10% tot 12% be­weeg het.

Die per­sen­ta­sie steun vir die ANC (met die jaar van die ver­kie­sing in ha­kies) het só ge­lyk: 62,6% (1994), 66,4% (1999), 69,6% (2004), 65,9% (2009), 62,1% (2014) en 57,5% (2019). Die steun van die een ver­kie­sing tot die vol­gen­de het nooit met meer as 5% ge­wis­sel nie.

Steun vir die DA het wel dras­ties toe­ge­neem, van 1,7% in 1994, toe dit nog die De­mo­kra­tie­se Par­ty was, tot 9,6% in 1999 en 12,37% in 2004.

Dié sty­ging kan hoof­saak­lik toe­ge­skryf word daar­aan dat die Na­si­o­na­le Par­ty se on­der­steu­ners ’n nu­we po­li­tie­ke tuis­te ge­soek het na­dat dié par­ty ont­bind het.

In die ver­kie­sing van 2009 het die DA se steun tot 16,6% ge­styg. Daar­na het dit heel­wat ge­klim tot 22,2% (2014) voor­dat dit in 2019 tot 20,7% af­ge­plat het.

Kyk ’n mens na die DA se steun se­dert dit in 2009 ge­kon­so­li­deer het, was sy steun­vlak­ke ook bin­ne ’n band van 10%.

Die EFF se steun het ook sterk e­vo­lu­si­o­nê­re ken­mer­ke ge­toon: 6,3% (2014) en 10,7% (2019).

Die ver­wag­ting is dat die EFF se­ker­lik die e­ko­no­mie­se ag­ter­uit­gang in die ver­kie­sing van 2024 die bes­te sal uit­buit en sy steun­vlak­ke tot tus­sen 12% en 15% sal uit­brei.

Dit blyk dus dui­de­lik dat die in­vloed van po­li­tie­ke en so­sio-e­ko­no­mie­se woe­lin­ge op die steun van par­tye bin­ne ge­ma­tig­de per­ke was en nie bui­te ban­de van meer as tus­sen 10 en 12% be­weeg het nie.

Die Na­zi-par­ty se op­koms

Vir ’n in­te­res­san­te voor­beeld van ’n klein po­li­tie­ke par­ty wat dank­sy ’n kri­sis ’n groot po­li­tie­ke fak­tor ge­word het, hoef ’n mens nie ver­der te kyk as die Na­zi-par­ty in Duits­land in die 1920’s en 1930’s nie.

Voor en ty­dens die ver­kie­sing van 1928 in Duits­land het die Na­zi’s, ’n klein par­ty met mi­ni­ma­le groei, ’n kri­sis be­leef. Die Na­zi’s het ge­hoop dat meer men­se in 1928 vir hom ná in­ten­sie­we pro­pa­gan­da en in­ti­mi­da­sie sal stem.

Maar Duits­land se e­ko­no­mie­se po­si­sie het teen dié tyd heel­wat ver­be­ter ná die ver­woes­ten­de in­vloed wat die Eer­ste Wê­reld­oor­log daar­op ge­had het. Die mees­te la­er- en mid­del­klas-Duit­sers se so­sio-e­ko­no­mie­se om­stan­dig­he­de was aan die ver­be­ter en dit het re­la­tief goed met hul­le ge­gaan.

Min van hul­le was dus aan­ge­trok­ke tot ’n klein par­ty met ’n ra­di­ka­le ras­se- en so­si­a­lis­tie­se i­de­o­lo­gie.

Die uit­slag van die ver­kie­sing van 1928 was ’n groot te­leur­stel­ling vir die Na­zi’s.

Hul­le het die steun van 100 000 kie­sers se­dert die laas­te ver­kie­sing ver­loor en kon na­si­o­naal slegs steun van 2,6% mon­ster. Dit het be­te­ken dat die Na­zi’s net 15 se­tels in die Rei­chstag van 500 le­de kon kry.

Die red­dings­boei vir die Na­zi’s was ’n kri­sis – die in­een­stor­ting van die A­me­ri­kaan­se ef­fek­te­beurs in 1929. Dit het tot ge­volg ge­had dat A­me­ri­kaan­se be­leg­gings en le­nings ont­trek is en die Duit­se e­ko­no­mie het in duie ge­stort.

Die e­ko­no­mie­se kri­sis het on­der meer tot ’n ver­vroeg­de ver­kie­sing in 1930 ge­lei. Die werk­loos­heid­sy­fer het tot 30% ge­styg, ter­wyl die mees­te ryk men­se in die hoë mid­del- en wel­va­ren­de klas se be­leg­gings weens die ge­wel­di­ge hoë in­fla­sie­koers waar­de­loos ge­word het.

Die Na­zi’s se so­sio-e­ko­no­mie­se re­to­riek, wat voor­heen geen in­druk op die sa­me­le­wing ge­maak het nie, het nou by­val ge­vind. Hul steun het van on­ge­veer 1,7 mil­joen stem­me

‘‘

Die EFF, wat tot dus­ver met die Covid-19pan­de­mie re­de­lik stil en op die ag­ter­grond is, bly die par­ty wat die kri­sis rond­om die vi­rus die bes­te kan uit­buit.

tot 6,5 mil­joen toe­ge­neem en die ge­tal ver­teen­woor­di­gers in die Rei­chstag van 15 tot 107, wat hul­le die groot­ste op­po­si­sie­par­ty ge­maak het.

S­kaars drie jaar la­ter het A­dolf Hit­ler, die Na­zi’s se lei­er, kan­se­lier van Duits­land ge­word.

Nog ’n kri­sis, die af­brand van die Rei­chstag, het Hit­ler die ge­leent­heid ge­gee om bur­ger­li­ke vry­he­de in te perk en om die sterk Kom­mu­nis­tie­se Par­ty te on­der­druk na­dat die skuld vir die af­brand van die par­le­ments­ge­bou op ’n Jood­se kom­mu­nis ge­pak is.

In die ver­kie­sing van 1933 het die Na­zi’s se steun tot 44% ge­styg, en kort daar­na het Hit­ler die po­li­tie­ke to­neel in Duits­land heel­te­mal oor­heers.

EFF en die kri­sis in Suid-A­fri­ka

Die vraag is of die re­de­li­ke dras­tie­se in­krim­ping van die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie weens die Co­vid19-pan­de­mie, ge­skat op on­ge­veer 10% van die bru­to bin­ne­land­se pro­duk (BBP), ook ’n soort­ge­ly­ke ka­ta­li­sa­tor vir ver­an­de­ring sal wees.

Die in­vloed op die e­ko­no­mie van groot uit­ga­wes om die so­sio-e­ko­no­mie­se kri­sis en die lot van die ar­mes te ver­be­ter sal ook la­ter merk­baar wees.

Waar­heen gaan die ge­skat­te so­wat 1 mil­joen nu­we werk­lo­se men­se hul­le wend om van hul frus­tra­sies ont­slae te raak en, dalk nog be­lang­ri­ker, waar gaan hul­le hul krui­sies trek? Die ANC sal on­ge­twy­feld die mees­te skuld vir die e­ko­no­mie­se pro­ble­me kry, en sy steun kan daar­om in 2024 selfs tot on­der die drem­pel van 50% daal.

On­te­vre­de­nes sal hul­le be­slis nie tot die DA wend nie. Dié par­ty word deur baie men­se slegs as die po­li­tie­ke tuis­te van wit en bruin men­se be­skou, en die mees­te van sy on­der­steu­ners is le­de van die mid­del- en ho­ër klas.

Ge­frus­treer­de en werk­lo­se men­se sal eer­der aan­klank vind by die EFF se so­si­a­lis­tie­se en na­si­o­na­li­se­rings­dro­me. Die EFF, wat tot dus­ver met die Covid-19-pan­de­mie re­de­lik stil en op die ag­ter­grond is, bly die par­ty wat die kri­sis rond­om die vi­rus die bes­te kan uit­buit.

Dalk is die ge­vol­ge van beurt­krag en Covid-19 die kri­sis wat van die EFF ’n baie gro­ter po­li­tie­ke rol­spe­ler sal maak – een wat selfs oor vyf jaar in die amp­te­li­ke op­po­si­sie­ban­ke sal in­skuif.

Fo­to: GETTY IMAGES

Wat­ter po­li­tie­ke par­ty in Suid-A­fri­ka gaan die mees­te po­li­tie­ke munt uit die Covid-19-kri­sis en sy na­draai slaan?

La­bu­schag­ne is e­me­ri­tus­pro­fes­sor in po­li­tie­ke we­ten­skap aan U­ni­sa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.