Ge­verf­de aap weer sil­wer­skoon

Die Burger - - 1 - Ca­ra-Lee Dorf­ling

Die spier­wit aap van Sar­di­ni­a­baai in Port E­li­za­beth is weer ’n blou­aap.

Ná ’n ge­wag van by­kans 24 uur is die wit­ge­verf­de blou­aap in ’n hok ge­vang en het hy die no­di­ge hulp ge­kry.

Van sy wim­pers tot bin­ne sy ore was, soos die res van die blou­aap se lyf, oor­trek met die wit verf.

Dit het vyf men­se ge­neem om met die was­pro­ses te help ter­wyl die aap on­der ver­do­wing was.

Die blou­aap is Dins­dag­mid­dag met vrug­te as lok­aas op die Sar­di­ni­a­baai-gholf­land­goed in ’n strik­hok ge­vang.

Die hok is die vo­ri­ge dag met die hulp van Joe­leen Bey­ers, ’n pri­ma­to­loog van Mon­key Mat­ters, op­ge­stel na­dat die aap Maan­dag deur be­sorg­de in­wo­ners op­ge­merk is.

Die aap het hom eg­ter nie so vin­nig laat vang nie en kon aan­vank­lik daar­in slaag om die lok­aas te kry son­der dat die strik toe­slaan.

Maar met die twee­de pro­beer­slag is hy ge­vang.

Hier­na het Bey­ers die aap na die 9th A­ve­nue-vee­arts in die stad ge­neem, waar die aap on­der­soek en ver­doof is.

“Dit was vei­li­ger vir al­mal wat ge­help was het om hom te ver­doof.

“Dit was ook be­ter vir die aap, aan­ge­sien dit ’n baie stres­vol­le si­tu­a­sie kon wees ter­wyl daar vyf men­se aan hom werk.”

Ná ’n goeie seep­bad was mees­te van die verf af en het die per­so­neel die aap wak­ker ge­maak.

Teen Woens­dag­og­gend het die aap goed ge­ëet en ge­drink.

Die vee­arts sou Woens­dag­mid­dag ’n op­volg­on­der­soek doen, waar­na hul­le ge­hoop het om die aap la­ter die dag te kan vry­laat. Hoe gou­er, hoe be­ter.”

Soos Ar­nold Slab­bert van Wild­li­ne, ’n ste­de­li­ke klein­wild­be­wa­rings­groep, vroe­ër aan Die Bur­ger ge­sê het, ver­moed Bey­ers ook die aap is deur ie­mand wit ge­verf in ’n po­ging om die ape uit die ge­bied te ver­dryf.

Vol­gens boe­re­raat word dié me­to­de ge­bruik wan­neer daar van ’n trop ape of bob­be­ja­ne ont­slae ge­raak wil word, aan­ge­sien die trop vir die wit­ge­verf­de aap sal weg­hard­loop.

Bey­ers meen dié op­tre­de kan baie ska­de­lik wees vir die aap se ge­sond­heid, ver­al in­dien die aap van die verf in­sluk.

Sy sê die verf wat droog word, kan nie net ’n vel­re­ak­sie ver­oor­saak nie, maar ook die aap se be­we­ging strem.

Die aap sou vol­gens Bey­ers deur sy trop ge­ï­so­leer word, maar die res van die ape sal na al­le waar­skyn­lik­heid nie weg­trek uit die ge­bied nie.

“Ons kon nie die aap net so ge­los het nie, dit sal so wreed wees.

“Men­se moet een­vou­dig meer ver­draag­saam­heid teen­oor ape hê. Ape kry swaar weens die toe­ne­men­de ver­ste­de­li­king. Deur hul­le te skiet met wind­buk­se of te verf gaan nie die pro­bleem op­los nie.”

Op­voe­ding rond­om die han­te­ring van ape is juis wat Mon­key Mat­ters doen en Bey­ers nooi men­se uit om hul­le te kon­tak vir gra­tis hulp met ’n aap­be­stuurs­plan.

Die wit­ge­verf­de blou­aap in die hok na­dat hy Dins­dag­mid­dag ge­vang is.

’n Seep­bad het Dins­dag­aand op die ge­verf­de blou­aap ge­wag na­dat hy die mid­dag met lok­aas ge­vang is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.