San­nie Wie­se sterf

Die Burger - - 4 - Ma­re­li­ze Bar­nard

San­nie Wie­se (82), we­du­wee van E­ric Wie­se, ’n voor­ma­li­ge fi­nan­si­ë­le hoof van Nas­pers, is gis­ter­og­gend dood aan kan­ker.

Sy was ook die on­der­voor­sit­ter van die A­fri­kaan­se Chris­te­li­ke Vrou­e­ver­e­ni­ging (ACVV) en ’n be­ken­de in­wo­ner van Kaap­stad.

Sy het in die Oa­sis-af­tree­oord in Cen­tu­ry Ci­ty ge­woon se­dert haar man in Au­gus­tus 2017 in hul huis in Hig­go­va­le ver­moor is.

Die eg­paar het drie kin­ders – An­dri (53), wat in C­hi­ca­go woon, Ko­bus (51), wat in Hou­ston (Tex­as) woon, en Tes­sa (47), wat in Auck­land in Nieu-See­land woon.

Ko­bus sê hy was in Maart in Kaap­stad om aan die Kaap­stad­fiets­toer deel te neem toe kan­ker by sy ma ge­di­ag­no­seer is. Sy het aan­vank­lik goed ge­re­a­geer op be­han­de­ling, maar kom­pli­ka­sies het in­ge­tree en sy is in die Me­di­cli­nic Pa­no­ra­ma oor­le­de.

Vol­gens Ko­bus is die ge­sin baie na­by aan me­kaar ten spy­te daar­van dat hul­le so ver van me­kaar woon.

Hul­le het el­ke dag met hul ma ge­sels.

Hul­le het ’n paar dae ge­le­de be­sef daar is fout toe sy haar eet­lus ver­loor en ge­de­hi­dreer het.

Daar sal weens die in­per­king nie nou ’n be­graf­nis­diens wees nie om­dat geen­een van die kin­ders na Kaap­stad sal kan reis nie.

“Ons sal al­tyd my ma se glim­lag ont­hou,” sê Ko­bus.

Be­ne­wens die werk wat sy al die ja­re in die ACVV ge­doen het, was sy van jongs af ’n avonturier en daadkragti­ge per­soon. Sy het as sen­de­ling in ver­skeie de­le van A­fri­ka gaan werk en het ook drie gods­diens­ti­ge boe­ke oor en­ge­le ge­skryf.

Ria A­bel, voor­sit­ter van die ACVV-hoof­be­stuur, het in ’n hul­de­blyk ge­skryf: “San­nie Wie­se, die re­a­lis, het nie van sen­ti­ment ge­hou nie, maar ons het nou die luuk­se om ten min­ste ter af­skeid on­be­skaamd ons be­won­de­ring, dank en waar­de­ring te be­tuig.”

A­bel sê die ACVV-tak in Kaap­stad, waar­van Wie­se meer as 30 jaar lank ’n lid was en met haar af­ster­we steeds die die­nen­de voor­sit­ter, die ACVV­hoof­be­stuur waar­van sy se­dert 2008 ’n ver­ko­se lid was en ook die die­nen­de eer­ste vi­se-voor­sit­ter en die ACVV as ge­heel, is ver­ryk deur haar hel­der den­ke, lei­er­skap, sin vir hu­mor en on­ver­moei­de y­wer in diens van die ge­meen­skap.

“Om San­nie in ak­sie te sien was ’n vreug­de – sy was ’n in­di­vi­du­a­lis wat ook die ver­moë ge­had het om in ’n span te werk, iets wat min men­se haar kan na­doen,” sê A­bel.

A­bel sê Wie­se was diep be­gaan oor die in­vloed van die ko­ro­na­vi­rus-in­per­king op die vei­lig­heid van jong kin­ders wat nie in die crè­ches ver­sorg kan word nie en dit was spre­kend van haar vol­ge­houe deer­nis.

“Haar mo­nu­ment is die le­wens wat sy aan­ge­raak het en ge­ne­ra­sies kin­ders wat be­ter daar­aan toe is om­dat sy ge­help het om waar­de tot hul le­we toe te voeg deur hul ge­sin­ne te ver­sterk en vei­li­ge dag­sorg te ver­se­ker.”

Die Wie­se-eg­paar, San­nie en E­ric, en hul drie kin­ders, An­dri, Ko­bus en Tes­sa.

San­nie Wie­se (82) is gis­ter­og­gend oor­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.