Re­stau­rant Col­lecti­ve wil SA se eet­plek­ke help oor­leef

Die Burger - - 17 - Wil­li­am Hor­ne

’n Nu­we druk­groep pro­beer keer dat die Co­vid-19-pan­de­mie die “spy­ker in die doods­kis” van re­stau­ran­te in Suid-A­fri­ka word.

’n Groep re­stau­ran­te het saam­ge­span om die Re­stau­rant Col­lecti­ve te vorm wat be­oog om uit­ein­de­lik al­le re­stau­ran­te in SuidA­fri­ka te ver­teen­woor­dig.

Die druk­groep sê re­stau­ran­te in Suid-A­fri­ka neem reg­streeks en on­reg­streeks so­wat 500 000 men­se in diens en speel ’n groot rol in die e­ko­no­mie.

Re­gu­la­sies ty­dens die staat van in­per­king maak dit vir die be­dryf en sy der­dui­sen­de werk­ne­mers on­moont­lik om te oor­leef.

Die druk­groep is nou ’n amp­te­li­ke or­ga­ni­sa­sie son­der wins­be­jag en vra geen gel­de van sy le­de nie.

Die re­stau­ran­te wat al aan­ge­sluit het, sluit in:

■ O­ce­an Bas­ket

■ Sig­na­tu­re Re­stau­rants

■ Sak­hum­zi

■ Del For­no

■ Col’Cac­chio

■ Dop­pio Ze­ro

■ Pi­za e Vi­no

■ Four­nos

■ Four­news Group

■ Fa­mous Brands se Sig­na­tu­re Brands-re­stau­ran­te, wat in­sluit Tas­has, Vo­vo Te­lo, Keg, Eu­ro­pa, Hou­se of Cof­fees en an­der.

■ Li­fe & Brand

Die druk­groep stel ’n reeks ei­se aan so­wel die re­ge­ring as huur­ders en an­der ver­skaf­fers en ven­no­te wat hy meen nood­saak­lik is vir die oor­le­wing van die be­dryf.

Wat re­stau­ran­te op vlak 4 wil hê

■ Laat re­stau­ran­te toe om kos aan klan­te te ver­koop wat dit self kan kom af­haal in plaas van om staat te maak op be­perk­te af­le­we­rings­diens­te waar­toe nie al­le re­stau­ran­te toe­gang het of kan be­kos­tig nie.

■ Ver­leng die be­dryfsu­re tot 21:00.

Wat re­stau­ran­te op vlak 3 wil hê

■ O­pen re­stau­ran­te ook vir aan­sit-e­tes, on­der­he­wig aan voor­ge­skre­we vei­lig­heids­maat­re­ëls. (Dit word eers vir vlak 1 voor­sien, vol­gens die re­ge­ring se kon­sep­re­gu­la­sies vir die ver­skil­len­de vlak­ke van in­per­king.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.