Am­nes­tie­tyd­perk raak min vir vuur­wa­pe­n­ei­e­naars

Die Burger - - 4 - I­sa­bel Ven­ter

Vuur­wa­pe­n­ei­e­naars wag steeds om te hoor of B­he­ki Ce­le, mi­nis­ter van po­li­sie, die am­nes­tie­tyd­perk wat op 31 Mei ver­stryk, gaan ver­leng.

Brig. Mat­ha­pe­lo Pe­ters, Ce­le se waar­ne­men­de woord­voer­der, sê “dit is ’n drin­gen­de saak wat die mi­nis­ter moet han­teer; dit is net ’n jam­mer­te dat sy dag­boek baie vol is en ge­du­rig ver­an­der”.

Pe­ters het on­der­neem om van­dag te kyk of Ce­le wel van plan is om die par­le­ment te na­der oor die saak en wan­neer.

Dié tyd­perk ver­stryk op

31 Mei, mits die mi­nis­ter geen ver­de­re ver­len­ging toe­staan nie.

In­dien daar nie ’n by­ko­men­de ver­gun­ning vir die am­nes­tie­tyd­perk is nie, kan dit erns­ti­ge ge­vol­ge vir vuur­wa­pe­n­ei­e­naars in­hou. Ie­mand wat met ’n on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pen be­trap word, kan ’n mak­si­mum von­nis van 15 jaar tronk­straf op­ge­lê word.

In­ge­vol­ge die am­nes­tie­be­pa­lings kan ’n ei­e­naar sy wa­pen of wa­pens in­le­wer of om ’n nu­we li­sen­sie aan­soek doen.

Ce­le kan net ’n ver­len­ging toe­staan in­dien hy ’n ver­soek aan die par­le­ment rig en dit goed­ge­keur word.

A­friForum het reeds ’n skrif­te­li­ke on­der­ne­ming van die mi­nis­ter ont­vang dat hy sal vra vir die ver­len­ging.

Vol­gens Mar­nus Kam­fer, A­friForum se regs-en-ri­si­ko­be­stuur­der vir ge­meen­skap­sa­ke, sal Ce­le van­dees­week weer oor die saak ge­pols word.

Die mi­nis­ter het wel in­tus­sen be­ves­tig dat aan­soe­ke van vuur­wa­pe­n­ei­e­naars vir wie die 90 dae om hul li­sen­sies te her­nu in die in­per­kings­tyd­perk ver­stryk het, ná dié tyd­perk aan­vaar sal word son­der dat die aan­soe­ker be­na­deel sal word.

Op 7 A­pril het die po­li­sie ook ’n ver­de­re di­rek­tief uit­ge­reik waar­in dit uit­ge­stip­pel is dat die li­sen­si­ë­ring van vuur­wa­pens nou toe­ge­laat mag word.

Vol­gens dié di­rek­tief is dit ook be­ves­tig dat po­li­sie­kan­to­re her­nu­wings­aan­soe­ke van vuur­wa­pen­li­sen­sies en be­voegd­heid­ser­ti­fi­ka­te moet in­neem.

In die di­rek­tief het dit ook ge­staan dat Ce­le dit sterk sal oor­weeg om die par­le­ment vir ’n ver­len­ging van die be­staan­de am­nes­tie­tyd­perk te na­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.