TV-ril­ler sorg vir prag­bun­del

Die Burger - - 11 - Po­ë­sie Zo­nal Don Pa­ter­son Fa­ber & Fa­ber, R300

’n Mens is al ge­woond aan ge­dig­te oor spe­si­fie­ke skil­de­rye, stand­beel­de of fo­to’s. (“Ek­fra­sis” is die fên­sie woord daar­voor.) Jy ver­wag eg­ter nie ’n he­le bun­del oor ’n TV-reeks nie. Maar ja, ons is nou al daar. Die nu­we kul­tuur van bin­ge wa­t­ching en die so­ge­naam­de “goue era van te­le­vi­sie” in­spi­reer sy eie po­ë­sie.

Don Pa­ter­son se nu­we bun­del, Zo­nal, is ’n re­ak­sie op die te­le­vi­sie­ril­ler The T­wi­lig­ht Zo­ne se eer­ste reeks, uit­ge­saai in 1959. Daar is al hal­we bi­bli­o­te­ke ge­skryf oor hoe dié we­ten­skaps­fik­sie­reeks pop­kul­tuur (en die wy­er mo­der­ne ver­beel­ding) be­ïn­vloed het. Vir Pa­ter­son is die reeks ’n string weg­spring­plek­ke van waar hy am­per jazz­ag­tig im­pro­vi­seer oor die oer­te­mas van die po­ë­sie, daai met die hoof­let­ters – Lief­de, Kuns, die Self en die Dood.

Pa­ter­son is een van die sterk­ste stem­me in die kon­tem­po­rê­re En­gel­se dig­kuns, nie net as skry­wer nie, maar ook as ont­le­der. Sy fan­tas­tie­se bun­del Rain hoort op el­ke po­ë­sie­le­ser se boek­rak en dis min dat po­ë­sie-ont­le­ding as “pret” be­skryf kan word, maar sy Re­a­ding S­ha­ke­spea­re’s Son­nets is wérk­lik pret.

Zo­nal is ge­ring – net 20 lan­ge­ri­ge ge­dig­te – maar ná die tyd voel dit as­of jy ’n dik­ke mees­ter­stuk ge­lees het.

Pa­ter­son stel be­lang in we­ten­skaps­fik­sie-on­der­wer­pe as stuk­ke po­ë­tie­se ge­reed­skap. Een ge­dig oor ’n ro­bot-ge­lief­de word ’n oor­spronk­li­ke be­sin­ning oor wat ons eint­lik be­doel met die woord “siel”. ’n An­der vers oor ver­sin­de teg­no­lo­gieë waar­deur jy jou ver­le­de weer di­rek kan “er­vaar”, word ’n on­der­soek na nos­tal­gie as ’n ti­pe vang­gat. Die dood hom­self, en ook la­ter ie­mand wat heel moont­lik die dui­wel is, ver­skyn in mens­li­ke vorms.

Die ver­se be­staan uit lang re­ëls. Hul­le lees pro­sa-ag­tig, ge­sel­se­rig. Dis as­of ver­skil­len­de gen­re-so­nes oor­me­kaar­skuif: es­say, skets, kort­ver­haal, ge­dig. Digt­heid word be­werk­stel­lig deur kom­plek­se ar­gu­men­te, raak be­skry­wings en stem­ge­wing. Dis meest­al ’n mid­del­ja­ri­ge man­li­ke neu­root aan die woord, een vol self­kri­tiek, wat ob­ses­sief be­te­ke­nis­se pro­beer uit­snuf­fel.

Pa­ter­son is al­ler­gies vir die soet­li­ke en die cli­ché. “Anyo­ne u­sing the phra­se ‘ma­king me­mo­ries’ u­ni­ro­ni­cal­ly should be shot in the he­ad / un­less they on­ly ha­ve a y­e­ar to li­ve, and their kids are very young,” sê een van sy spre­kers.

Daar is ’n he­le paar krag­toe­re in die bun­del. Een van hul­le gaan oor die uit­druk­kings op be­ken­de jazz-ki­taar­spe­lers se ge­sig­te wan­neer hul­le speel. Die spre­ker be­skryf sy eie “guit­ar fa­ce” as “the one t­hat shifts be­t­ween stub­bed toe, pre­ma­tu­re e­ja­cu­la­ti­on/and u­nex­pected be­re­a­vement”. Zo­nal is veel, veel meer as ’n ver­wy­sing­spe­le­tjie. Dis die voor­punt van die kon­tem­po­rê­re po­ë­sie.

Lof­tus Ma­rais is ’n be­kroon­de dig­ter van Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.