In in­per­kings­tyd is al­mal skie­lik groot vo­ël­ky­kers

Die Burger - - 11 - Ons Wê­reld Bun Booy­ens ■ Booy­ens is ’n vry­skut­skry­wer.

Dit is op­val­lend hoe­veel men­se in die in­per­kings­tyd vo­ël­ky­kers ge­word het. O­ral op so­si­a­le me­dia ge­sels hul­le oor hul tuin­vo­ël­tjies en al die spe­sies wat hul­le sien wan­neer hul­le sog­gens gaan stap – rei­ers, bot­ter­gat­te, dik­kop­pe, kraal­o­gies en selfs ’n vis­a­rend. Die ver­keer is dees­dae ook so stil dat ons el­ke aand die hoe-hoe van die buurt se oor­uil kan hoor.

Die e­nig­ste vo­ël wat sel­de ge­noem word, is daar­die voor­ste­de­li­ke staat­ma­ker, die ta­ren­taal. En laat ek dit nou maar reg­uit sê: As ie­mand ’n lys sou op­stel van ons on­no­sel­ste vo­ëls, ver­moed ek die ta­ren­taal en vol­struis gaan die top­tien haal (ek het deer­nis met al­bei).

Die vol­struis het waar­skyn­lik oor die eeue heen oor­leef dank­sy ’n oor­dre­we veg- en vlug­in­stink. E­ner­syds is daar sy in­druk­wek­ken­de ver­moë om blin­de­lings te vlug, an­der­syds is daar ’n lang toon­na­el waar­mee hy e­ni­ge aan­val­ler se bors­kas kan oop­kloof.

In vol­strui­se sien jy am­per nog ’n re­pie DNS van daar­die do­de­li­ke velo­ci­rap­tors van die Ju­ras­sic

Park-flieks, maar ’n li­te-weer­ga­we, een wat ge­neig is om hul­self teen draad­hei­nings te plet­ter te hard­loop.

Tog het die vol­struis sy nis ge­vind, al is sy brein moont­lik klei­ner as sy oog­bal. In die pro­ses het hul­le ’n he­le paar boe­re van die Klein-Ka­roo skat­ryk – en weer arm – ge­maak. (My pa, ’n boor­ling van Oudts­hoorn, het al­tyd ge­sê die dis­trik se boe­re trot­seer ar­moe­de ver­ba­send goed, hul­le suk­kel net om die ryk­dom te han­teer.)

Die ta­ren­taal weer, is ’n spe­sie met nie naas­ten­by die ver­mo­ëns van an­der vo­ël­soor­te nie. Hul­le het nie die in­tel­li­gen­sie van ’n kraai, die ge­duld van ’n rei­er, en be­slis nie die sta­mi­na van die trek­vo­ëls wat el­ke jaar half­pad om die aard­bol vlieg nie.

’n Ta­ren­taal het nie die vry­pos­tig­heid van ’n kwik­stert­jie nie, kan nie vleg soos ’n vink, so­veel vrag soos ’n pe­li­kaan dra, sing soos ’n nag­te­gaal, of duik soos ’n vis­van­ger nie.

Tog flo­reer hul­le. Langs om­trent e­ni­ge stuk pad sien jy hul­le, en in feit­lik el­ke woon­buurt kom jy ’n trop­pie teë, ge­woon­lik dan met een ta­ren­taal met ’n mank been wat im­mer ’n paar treë ag­ter die bon­del is.

Daar is ook al­tyd min­stens drie van hul­le aan die ver­keer­de kant van die pad. Dis as­of die “Bly by­me­kaar, kê­rels,”-me­mo nooit by die he­le trop uit­kom nie.

Ek dink die ge­heim van ta­ren­ta­le se oor­le­wing is juis dat hul­le nié ’n sterk veg- of vlug­in­stink ont­wik­kel het nie, maar iets tus­sen­in. Hul­le is half­mak, maar leef in ’n staat van vae angs.

’n Groep ta­ren­ta­le is nooit heel­te­mal op hul ge­mak nie. Dit lyk ook nie as­of daar ’n lei­er of brand­wag is nie. Hul leu­se sou waar­skyn­lik wees: “Al­les sal reg­kom as al­mal net chro­nies on­rus­tig is”.

Wan­neer hul­le skrik – en dit is dik­wels – bly hul­le vir ten min­ste ’n uur ont­steld.

En ten spy­te van dit als het hul­le die mees­te an­der vo­ël­soor­te uit­ge­stof en Groot ver­se­boek ge­haal, in To­ti­us se “Die ta­ren­taal”:

Die krui­wa­wiel se skreeu­ge­luid kerm hy droef­gees­tig uit ter­wyl die skeem­ring vin­nig daal, die ta­ren­taal

‘‘

’n Ta­ren­taal kan nie vleg soos ’n vink, so­veel vrag as ’n pe­li­kaan dra, sing soos ’n nag­te­gaal, of duik soos ’n vis­van­ger nie. Tog flo­reer hul­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.