‘Ek sal my voor­tan­de vir dit gee’ Mar­kram gre­tig om SA te lei in toet­se

Die Burger - - 16 - Ti­nus van S­ta­den

Ai­den Mar­kram is nie des­pe­raat vir die Protea-toet­s­kap­tein­skap nie, maar hy sê in die­self­de a­sem hy sal “sy voor­tan­de gee” om Suid-A­fri­ka aan te voer.

Mar­kram het gis­ter vir die eer­ste keer oor sy kap­tein­ska­pam­bi­sies ge­praat na­dat Faf du P­les­sis vroe­ër van­jaar die tuig as Protea-kap­tein in al drie for­ma­te neer­ge­lê het.

Quin­ton de Kock is as sy wit­bal-op­vol­ger aan­ge­wys, maar sal nie die toet­s­kap­tein wees nie, het Gra­e­me S­mith, die na­si­o­na­le di­rek­teur van krie­ket, reeds be­ves­tig. Dit het be­spie­ge­lin­ge laat ont­staan oor wie by Du P­les­sis sal oor­neem.

Mar­kram en Tem­ba Ba­vu­ma is straks die sterk­ste kan­di­da­te, ter­wyl De­an El­gar ook sterk oor­weeg sal word. Kes­hav Ma­ha­raj en Ras­sie van der Dus­sen kan as bui­te­per­de ge­sien word.

“Ek ge­niet kapteinska­p on­ge­loof­lik baie. Ek ge­dy on­der die by­ko­men­de ver­ant­woor­de­lik­he­de wat daar­mee ge­paard gaan. Ek het die fran­chi­se-kap­teins en vir Faf dop­ge­hou en ge­kyk hoe hul­le te werk gaan en dit is iets wat ek bit­ter graag sal wil doen,” sê die 25-ja­ri­ge Mar­kram.

Twee pro­mi­nen­te fi­gu­re in Suid-A­fri­kaan­se krie­ket, Ray Jen­nings en Ali Ba­cher, het reeds hul steun aan Mar­kram toe­ge­sê. Jen­nings was die brei­er van die na­si­o­na­le o.19-span, wat

Mar­kram in 2014 tot die Wê­reld­be­ker-ti­tel aan­ge­voer het.

Mar­kram word al lank as ’n toe­koms­ti­ge Protea-kap­tein ge­sien en is selfs in 2018 by die diep­kant in­ge­gooi toe hy die span in Du P­les­sis se af­we­sig­heid in ’n ramp­spoe­di­ge een­dag­reeks teen In­dië aan­ge­voer het. Die Pro­te­as het daar­die tuis­reeks met 1-6 ver­loor.

Mar­kram self sê hy het nog nie baie oor die moont­lik­heid ge­dink om die toets­span vol­tyds aan te voer nie.

“Maar nou­dat my naam in die hoed ge­gooi word deur men­se wat nuus skryf... dit is net lek­ker om oor­weeg te word,” sê hy.

“Ek is mal oor kapteinska­p en ek sal my voor­tan­de gee om dit te kan doen. Maar ek moet sê dit is nie die al­fa en o­me­ga vir my nie, ek wil nie des­pe­raat daar­voor raak nie. Ek sal dit baie ge­niet en ge­ëerd wees as dit ge­beur, maar ek het nog nie te veel daar­oor ge­dink nie.

“As dit ge­beur, sal dit won­der­lik wees. As dit nie ge­beur nie, is daar baie goeie lei­ers wat die span vo­ren­toe sal neem saam met die be­stuur­span. My hoof­doel­wit is om te­rug in die span te kom en op die veld te bly.”

Mar­kram is tans nie eens ver­se­ker van ’n plek in die span nie. Hy het ’n hand­be­se­ring op­ge­doen ná die eer­ste toets teen En­ge­land en het eers ein­de Fe­bru­a­rie sy te­rug­keer tot die speel­veld vir die Ti­tans ge­maak.

Sy spel­peil vir die Pro­te­as was on­langs ook nie te wat­won­ders nie en Pie­ter Ma­lan het hom be­trek­lik goed van sy taak ge­kwyt as De­an El­gar se aan­vangs­ven­noot teen En­ge­land.

Nie­te­min word daar groot din­ge van Mar­kram ver­wag en het hy al met puik hon­derd­tal­le teen Aus­tra­lië in 2018 ge­wys wat in hom steek.

S­mith het ook ge­sê hul­le is be­reid om ’n kans met ie­mand te waag wan­neer hul­le die nu­we kap­tein aan­wys. Dalk is Mar­kram daar­die ie­mand.

Fo­to: GALLO IMAGES

Moet Ai­den Mar­kram die nu­we Protea-toet­s­kap­tein word?

Chris Froome

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.