Oor mu­re tref en moed ver­loor

KSA: Pos­te vir eers ge­vries; la­ter ge­vul

Die Burger - - 16 - Jo­hann de Ja­ger

Krie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) gaan nie al die pos­te wat hy on­langs ge­ad­ver­teer het nou vul nie.

Aan­soe­kers was van­dees­week ef­fens in die war, maar dit blyk daar is vir eers ’n mo­ra­to­ri­um op aan­stel­lings by die na­si­o­na­le be­heer­lig­gaam.

Agt pos­te op na­si­o­na­le vlak is on­langs ge­ad­ver­teer.

KSA gaan na ver­neem word wag tot­dat hy weet wan­neer daar weer ge­speel kan word voor­dat hy voort­gaan met sy wer­wings­pro­ses.

Dit sal teen Ju­lie/Au- gus­tus her­sien word.

Ja­c­ques Faul, waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van die KSA, het ver­le­de week ont­hul hul­le het met die Co­vid-19-pan­de­mie ’n paar sce­na­rio’s waar­na ge­kyk word voor­dat spel weer kan be­gin.

KSA moet on­der meer ’n nu­we keur­der­baas én nu­we af­rig­ters vir die Suid-A­fri­kaan­se A-span, die Suid-A­fri­kaan­se o.19-span en SA vrou­e­span aan­wys.

Die oud-Pro­tea Ashwell P­rin­ce, af­rig­ter van die Ca­pe Co­bras, het waar­ge­neem as die A-span se af­rig­ter na­dat Rus­sell Do­min­go as Bangla­desj se hoof­brei­er aan­ge­stel is.

La­wren­ce Ma­hat­la­ne en Hil­ton Mo­reeng was on­der­skei­de­lik die o.19’s en vroue se af­rig­ters.

Die hui­di­ge pos­be­kle­ërs kon her­aan­soek doen.

Die an­der pos­te wat saam met dié drie af­rig­ters­pos­te ge­ad­ver­teer is, is: fi­si­o­te­ra­peut (vroue), kon­di­si­o­ne­rings­af­rig­ter (vroue), span­be­stuur­der (vroue) en span­dok­ter. Die slui­tings­da­tum vir hier­die se­we pos­te was 17 A­pril.

Die pos as nu­we keur­der­baas is eers daar­na ge­ad­ver­teer en die slui­tings­da­tum daar­voor was op 27 A­pril.

Die aan­soek­vorm meld, soos die norm is, dat slegs kan­di­da­te wat die kort­lys ge­haal het, ge­kon­tak sal word en dat die­ge­ne wat ná 14 dae nog niks ge­hoor het nie moet aan­vaar dat hul aan­soe­ke nie suk­ses­vol was nie.

Dit is na aan­lei­ding hier­van dat dit aan die lig ge­kom het dat daar tans ’n mo­ra­to­ri­um is op aan­stel­lings en dat al die pos­te nie nou ge­vul gaan word nie.

Cor­rie van Zyl en Lin­da Zon­di het die af­ge­lo­pe sei­soen on­der­skei­de­lik as keur­der­baas waar­ge­neem.

Zon­di was ook die laas­te heel­tyd­se hoof­keur­der en het weer aan­soek ge­doen.

Fo­to: GALLO IMAGES

Faf du P­les­sis in ak­sie vir die Paarl Rocks.

Lin­da Zon­di

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.