UWK help s­tu­den­te son­der skoot­re­ke­naars

Die Burger - - 3 - Na­z­ley Wil­schutt

Die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land (UWK) het hom tot nou toe daar­voor be­y­wer om die a­ka­de­mie­se jaar ty­dens die na­si­o­na­le staat van in­per­king met die hulp van teg­no­lo­gie te vol­tooi, maar weens ’n ge­brek aan da­ta of skoot­re­ke­naars kan dui­sen­de s­tu­den­te nie dié on­der­rig­me­to­de be­nut nie.

Lui­dens ’n ver­kla­ring het die UWK die #NoS­tu­den­tWil­lBeLef­tBe­hind-veld­tog be­gin om s­tu­den­te te help wat nog nie ’n skoot­re­ke­naar of da­ta het nie.

Har­riet Box, woord­voer­der van die UWK, sê ver­skeie de­par­te­men­te van die u­ni­ver­si­teit het oor­skot­geld uit hul be­gro­tings vir dié veld­tog ge­skenk.

Prof. Vi­vien­ne La­wack, waar­ne­men­de rek­tor en vi­se­kan­se­lier van die UWK, sê per­so­neel brei nou hul geld­in­sa­me­lings­veld­tog na mul­ti­na­si­o­na­le on­der­ne­mings uit om­dat baie van die Suid-A­fri­kaan­se maat­skap­pye ook fi­nan­si­ë­le pro­ble­me on­der­vind.

“Die u­ni­ver­si­teit het skoot­re­ke­naar­pak­ket­te vir s­tu­den­te be­ding.

“Die pak­ket­te be­vat ’n skoot­re­ke­naar met dra­sak, sag­te­wa­re, ’n LTE-mo­dem en ’n twee­jaar­waar­borg.

“Dit kos R6 379,05 wat by die stu­dent se stu­den­te­re­ke­ning ge­voeg sal word,” sê Box.

El­ke pak­ket sal by die be­trok­ke stu­dent se woon­plek af­ge­le­wer word.

“Hoe meer geld in­ge­sa­mel word, hoe min­der sal die toe­stel­le kos en hoe min­der sal teen die stu­dent se re­ke­ning ge­hef word,” sê Box.

Die UWK het ook aan die ver­sprei­ding van da­ta aan­dag ge­skenk.

“Ons het ’n oor­een­koms met die da­ta­diens­ver­skaf­fers aan­ge­gaan so­dat die dui­sen­de s­tu­den­te wat dit be­no­dig, ge­help kan word,” sê Box.

Be­soek https://www.backa­bud­dy.co.za/cham­pi­on/pro­ject/ ns­w­blb of s­bo­mester@uwc.ac.za om ’n sken­king te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.