Ko­ro­na kan sil­wer rand­jie vir Ki­wi’s hê

Die Burger - - 14 -

Aa­ron Mau­ger, af­rig­ter van die High­lan­ders, voor­spel daar kan nog ’n he­le paar Nieu-See­lan­ders uit Eu­ro­pa te­rug­keer weens die Co­vid-19-pan­de­mie. Dit kan ook die uit­tog van ta­lent uit Nieu-See­land in die af­sien­ba­re toe­koms stuit, glo dié oud-All Black.

Ter­wyl die groot­ste de­le van Eu­ro­pa steeds in­ge­perk is, be­rei die Ki­wi’s se vyf Su­per­rug­by­span­ne voor vir ’n plaas­li­ke toer­nooi, wat op 13 Ju­nie af­skop.

Die High­lan­ders het reeds die All Black-vleu­el Ne­he Mil­nerS­kud­der, wat by Tou­lon in Frank­ryk was, se diens­te be­kom en Mau­ger is oor­tuig daar­van dat daar bin­ne­kort nog aan­wins­te sal wees. “Daar is be­slis ’n moont­lik­heid dat spe­lers van oor­see af kan te­rug­keer. Die kon­teks (van ’n skuif oor­see) het nou heel­te­mal ver­an­der. Dit sluit al­les in – le­wens­ge­hal­te, die kans om te reis, klubs wat suk­kel om sa­la­ris­se te be­taal en an­der fak­to­re. Ek glo dit gaan al­les ’n rol speel in spe­lers se be­sluit om huis toe te kom.”

Die All Black-ha­ker Da­ne Co­les, wat die af­ge­lo­pe paar sei­soe­ne ver­skeie groot aan­bie­din­ge van oor­se­se klubs van die hand ge­wys het, sê die Co­vid-19-kri­sis kan plaas­li­ke spe­lers twee keer laat dink voor­dat hul­le groot kon­trak­te oor­see sluit.

“Ek is dank­baar om nou in Nieu-See­land te wees. Ons het al ’n paar hart­seer sto­ries ge­hoor van ou­ens wat in Frank­ryk speel, waar hul­le steeds in in­per­king is en ’n groot deel van hul sa­la­ris ver­loor het. Ek dink dit moet ’n ver­skil maak en sal ’n im­pak hê op spe­lers wat kyk na die Eu­ro­pe­se mark,” sê Co­les.

“Nieu-See­land is ’n won­der­li­ke plek en dit is nie te ver­smaai om jou loop­baan hier af te sluit nie.”

Da­ne Co­les

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.