Kings-kap­tein help an­der met geld­plan­ne en raad

Die Burger - - 14 - Mi­cha­el G­reen

Hy stel voor dat jong rug­by­spe­lers eer­der pro­beer om die een of an­der kwa­li­fi­ka­sie te be­haal of da­rem nog ’n po­ten­si­ë­le bron van in­kom­ste te vind as om net rug­by as ’n loop­baan na te jaag, sê die Sout­hern Kings-kap­tein, JC Ast­le.

Ast­le (29) sê die Co­vid-19-pan­de­mie be­hoort spe­lers self­on­der­soek te laat doen, maar hy re­ken nie dat dit van­self­spre­kend iets is wat jong spe­lers kop toe sal vat nie.

“As ek dink hoe ek was toe ek so 19 jaar oud was, be­sef ek weer hoe na­ïef jon­ge­lin­ge kan wees,” sê Ast­le.

Hy het ná skool BCom-re­ke­ning­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat gaan swot.

Hy het dit eg­ter nie ge­niet nie en het op­ge­skop om vir die Bo­land te gaan rug­by speel.

“As jy net be­gin be­roeps­rug­by speel, weet jy nie al­tyd hoe om jou geld te be­stuur nie. Ek het by­voor­beeld da­de­lik vir my

’n duur mo­tor aan­ge­skaf.”

Hy het deur die ja­re al re­de­lik ag­ter rug­by aan­ge­trek en het by­voor­beeld ook twee sei­soe­ne lank in Frank­ryk klu­brug­by ge­speel.

Ver­le­de jaar het Ast­le met ie­mand in Port E­li­za­beth, waar hy woon, by ’n fi­nan­si­ë­le in­stel­ling oor sy geld­sa­ke gaan ge­sels.

Hy het die ge­sel­sie so ge­niet dat hy be­gin kur­sus­se doen het en dees­dae werk hy deel­tyds vir die maat­skap­py.

“Wat ek (aan­vank­lik) ge­swot het, het my nie be­vre­dig nie. Ek hou daar­van om by fi­nan­si­ë­le be­plan­ning be­trok­ke te wees. By be­leg­gings en ei­en­dom en die be­stuur van geld,” sê Ast­le.

“Dit was by­voor­beeld vir my lek­ker om, voor die in­per­kings in­ge­stel is, op Woens­dae wan­neer ons by die Kings af is, na die maat­skap­py se kan­toor te gaan.

“Dis vir my lek­ker om by an­der ou­ens, wat al so­veel meer er­va­ring as ek in die fi­nan­si­ë­le rig­ting het, te leer.”

Vol­gens Ast­le sorg hy dat sy deel­tyd­se werk glad nie met sy vol­tyd­se werk as be­roeps­rug­by­spe­ler in­meng nie.

“Ge­du­ren­de die in­per­kings oe­fen ek steeds vir die rug­by en ek pro­beer ook tyd maak vir my an­der be­lang­stel­lings,” sê hy.

“Dis ’n moei­li­ke tyd vir al­mal en ’n mens moet die gro­ter prent­jie sien. Ons spe­lers se sa­la­ris­se is ook ge­sny, maar ons het da­rem nog ’n in­kom­ste.”

JC Ast­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.