To­ni Na­dal sê D­jo­ko­vic was taai­ste vir Ra­fa­el

Die Burger - - 15 -

Ra­fa­el Na­dal (fo­to) se voor­ma­li­ge af­rig­ter, sy oom To­ni Na­dal, sê Ro­ger Fe­de­rer is die bes­te spe­ler van sy ge­ne­ra­sie, maar er­ken No­vak D­jo­ko­vic is die S­paan­se ten­nis­ster se taai­ste teen­stan­der. Ra­fa kon se­dert die Fran­se Ope van 2014 nie met D­jo­ko­vic, die wê­reld se voor­ste spe­ler, in ’n Grand Slam-wed­stryd af­re­ken nie. Hy was ook die af­ge­lo­pe se­we jaar on­suk­ses­vol teen die Ser­wi­ër op ’n har­de baan.

To­ni sê dit was nog al­tyd moei­li­ker vir Ra­fa om teen D­jo­ko­vic te speel as Fe­de­rer. “Dit gaan nie oor wat­ter een van hul­le be­ter is nie.

“Ons het al­tyd ’n plan ge­had om Fe­de­rer te klop, jy weet wat om te doen voor­dat jy teen hom op die baan stap. Maar wan­neer jy teen D­jo­ko­vic te staan kom, weet ons baie keer nie pre­sies wat om te doen nie,” sê To­ni.

“Hy is ’n moei­li­ker teen­stan­der. Ek ver­kies krag­me­tings teen Fe­de­rer.” D­jo­ko­vic is ’n kort­kop voor Ra­fa en het 29 van hul 55 wed­stry­de ge­wen.

Reuters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.