Fa­mi­lie waar­sku teen tuis­ge­maak­te drank ná man sterf

Die Burger - - 1 - Jan­se van Rens­burg – A­ri­sa

’n Man van die Oos-Rand is dood na­dat sy or­ga­ne ver­moe­de­lik in­ge­gee het weens ver­moe­de­lik tuis­ge­maak­te drank.

Ju­an Mar­tin Jou­bert (34) van Brak­pan, ’n pa van twee kin­ders, is Dins­dag­og­gend in die Ver­re

Oos-Rand-hos­pi­taal dood.

Sy vrou se stief­pa, wat glo ook van die drank ge­drink het, is in ’n kri­tie­ke toe­stand in die hos­pi­taal se waak­een­heid.

Die drank is by ie­mand in die Oos-Rand ge­koop. Die fa­mi­lie het op ver­soek van die po­li­sie nie die per­soon wat dit ver­koop het se naam aan Die Bur­ger be­kend ge­maak nie.

Jou­bert se fa­mi­lie wil men­se waar­sku om nie tuis­ge­maak­te of on­wet­ti­ge drank te koop nie.

Die fa­mi­lie be­weer an­der slag­of­fers wat drank van die­self­de ver­skaf­fer ont­vang het, het ook na vo­re ge­kom.

Dit kon eg­ter nie be­ves­tig word nie.

B­rig. Vish Nai­doo, na­si­o­na­le po­li­sie­woord­voer­der, sê hul­le on­der­soek die saak en wag op die uitslae van die lyk­skou­ing.

Hy het ge­sê hul­le on­der­soek geen an­der soort­ge­ly­ke voor­val­le aan die Oos-Rand nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.