Siya en Ra­chel laat hul­le toets voor hul­le kos aflewer

Die Burger - - 1 -

Die S­pring­bok-kap­tein, Siya Ko­li­si, en sy vrou, Ra­chel, het Co­vid-19-toet­se on­der­gaan na­dat Ra­chel ver­le­de na­week siek ge­voel het. Ra­chel sê in ’n In­sta­gram-in­skry­wing sy, Ko­li­si en haar broer het die toet­se on­der­gaan. Haar toets was ne­ga­tief.

Die eg­paar se Ko­li­si-s­tig­ting help van die kwes­baar­ste ge­meen­skap­pe in Suid-A­fri­ka met kos so­dat men­se tuis kan bly ge­du­ren­de die pan­de­mie. Hul­le het al tal­le ven­noot­skap­pe aan­ge­gaan en men­se op ver­skil­len­de plek­ke in die land ge­help.

“Ons moet die na­week reis om ’n groot af­le­we­ring te doen. En ek wou reg­tig se­ker wees dat ek die ver­ant­woor­de­li­ke ding doen voor­dat ek reis,” skryf sy op In­sta­gram oor waar­om sy die toets laat doen het. “Daar moe­nie ’n stig­ma oor Co­vid-19 en toet­se wees nie.”

Fo­to: IN­STA­GRAM

Ra­chel en Siya Ko­li­si.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.