Brands se dog­ters ‘sterk en dap­per’

Die Burger - - 4 - A­ne­na Bur­ger

“Hul­le is sterk en dap­per,” sê ds. Andrew Mur­ray, waar­ne­men­de le­raar van die NG Noor­der­harts­ge­meen­te, oor Dan en B­reg­gie Brand se dog­ters, Tru­die de Beer en Hei­die Tal­jaard.

Mur­ray het die fa­mi­lie­le­de gis­ter ná die kerk­diens be­soek en vir hul­le ge­bid. “Hul­le was saam met hul kin­ders be­sig om die huis op te pak,” sê Mur­ray.

Mur­ray het gis­ter ’n deel van sy preek as ver­troos­ting oor die moor­de op Dan (83), B­reg­gie (73) en El­za­bie Brand (54) ge­le­wer. “Dit het oor ver­troos­ting en oor God se reg en ge­reg­tig­heid wat Hy­self, on­ge­ag die uit­slag van die regs­pro­ses­se, sal be­werk, ge­han­del.”

Lied 292 uit die lied­boek is aan die Brand-fa­mi­lie op­ge­dra.

Hoe­wel daar tra­ne was, het daar ook ’n ge­wel­di­ge kalm­te en een­heid van gees oor die ge­meen­te ge­heers.

Mur­ray se ou­ers het ja­re ge­le­de ’n plaas­aan­val oor­leef en op 12 Ju­lie het hy toe­val­lig ’n preek oor plaas­vei­lig­heid ge­le­wer. In dié preek het hy die be­drei­ging van plaas­ge­weld be­spreek en ge­sê dié stryd is ’n gees­te­li­ke en ge­loof­stryd.

“Ons kan mak­lik op sig­ba­re ‘vy­an­de’ fo­kus en selfs haat vir die vy­an­de en al­mal wat soos hul­le lyk, ont­wik­kel. Dis waar dat die be­drei­ging wat ons be­leef uit ’n sig­ba­re, tas­ba­re, en werk­li­ke oord af­koms­tig is, maar die By­bel maak dit dui­de­lik dat die eint­li­ke stryd lê op die gees­te­li­ke vlak,” lui die preek.

Mur­ray het Ef. 6:12 aan­ge­haal en ge­vra: “Wat­ter gees­te heers oor hier­die son­di­ge wê­reld?”

Hy sê dis dui­de­lik dat ’n gees van ras­se­haat, mis­daad en ge­weld, van wan­or­de en wet­te­loos­heid, van op­stand teen ge­sag en van wel­lus, on­lus, bit­ter­heid en af­guns heers. “Trek daar­om die vol­le wa­pen­rus­ting aan wat God jul­le gee, so­dat jul­le weer­stand kan bied in die dag van on­heil en, na­dat jul­le die stryd tot die ein­de toe ge­voer het, nog op jul­le pos kan bly staan,” het hy Ef. 6:13 as ant­woord ge­bied.

“Die vy­and kan nie op sy ter­rein van ge­weld oor­win word nie, maar wel op die gees­te­li­ke ter­rein van oor­log­voe­ring en deur vol­ge­houe ge­bed.”

Hy sê voor­sorg- en vei­lig­heids­maat­re­ëls en self­ver­de­di­ging moet steeds toe­ge­pas word.

’n Troos­diens sal Don­der­dag om 11:00 vir Dan, B­reg­gie en El­za­bie Brand van­uit die NG kerk Noor­der­harts ge­hou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.