Ons er­fe­nis:Ons­ kan­ no­glag!

Die Burger - - 1 -

Op 28 Sep­tem­ber vier Pie­ter-Dirk Uys sy 75ste ver­jaar­dag. Van­dag op Er­fe­nis­dag voer hy sy jong­ste so­lo­stuk A­dapt or Fly op. Hier be­sin Pie­ter-Dirk Uys oor in­per­king, Er­fe­nis en die po­li­tiek van die dag.

Hul­le sê mos: Op­pas waar­voor jy wens. By my was dit al­tyd om ’n jaar af te vat! Dit was die fluis­ter in my kop el­ke Nu­we­jaars­dag met ’n blik op die vol­gen­de 12 maan­de se ske­du­les.

Vir 2020 was daar 230 te­a­ter­ver­to­nings in­ge­skryf: Sei­soe­ne in Jo­han­nes­burg, Kaap­stad, Dur­ban, Lon­den met ’n paar spat­sels in Ber­lyn en Ne­der­land. Lyk my ie­mand het my fluis­te­ring ge­hoor. Ek is nou half­pad deur daar­die af­jaar en my dag­boek is se­dert ein­de Fe­bru­a­rie tot in die toe­koms leeg! So op­pas: Dro­me kan naar waar word!

“Hoe be­han­del die in­per­king jou?” Al­mal vra dit vir­tu­eel. Ge­woon­lik op die foon, deur ’n W­hat­sApp, of vaag en sag van ag­ter ’n mas­ker. Am­per se­we maan­de van nul-per-brein? S­naaks ge­noeg, nee. Ek is be­si­ger as ooit.

Tan­nie Coro­na se in­per­king word nou glad ’n ge­woon­te. En meer van ’n ple­sier as wat ek ooit ver­wag het.

S­kie­lik is daar meer as ge­noeg tyd om din­ge te doen wat al 20 jaar wag. Ek is nou my eie ver­hoog­be­stuur­der-de-lux, be­sig om op my tyd 40 jaar se te­a­ter-re­kwi­sie­te, kos­tuums, prui­ke, teks­te en fo­to’s te sor­teer. So waar pas die ge­skryf in? In die af­ge­lo­pe ses maan­de het ek ’n boek klaar, ’n so­lo­ver­to­ning reg, twee rol­prent­teks­te vol­tooi, ’n ra­di­o­dra­ma be­werk, en ploeg nou deur plan­ne vir 2021.

Die groot­ste op­hou is: Wie sal ná die Co­vid-nag­mer­rie wil sit en ver­maak word deur on­der­vin­dings in ’n pan­de­mie? Dus gaan al­les maar te­rug in die boks on­der die bed. Sal weer la­ter daar­na kyk en be­sluit. Mis­kien was al die skryf net ’n be­lang­ri­ke te­ra­pie?

Kan ’n mens dan ooit ge­woond raak aan daar­die daag­lik­se ge­dag­te: Op­pas vir al­les daar bui­te, an­ders gaan jy dood. Op my ou­der­dom is dit nie meer ’n vraag nie, meer ’n ver­val­da­tum. Dus word in­per­king ag­ter toe deu­re eer­der ’n keu­se as ’n las. Ek mis die om­hel­sings, die hand­skud en die hel­lo-dar­lings, wang­kus­se uit die ou dae.

Van­dag, as tan­nies by E­vi­ta se Per­ron vra vir ’n lek­ker fo­to saam, is hul­le te­vre­de met daar­die 2 m tus­sen ons? Wie kan mooi glim­lag ag­ter ’n pap slap lap­mas­ker?

Er­fe­nis­dag op 24 Sep­tem­ber is al­tyd ’n goeie ver­sko­ning om te­rug te kyk op die din­ge wat nie ge­werk het nie. Om be­hoor­lik el­ke mis­oes te ont­hou voor­dat dit weer ge­beur. Te dik­wels was die re­des an­der se kas­ti­ge goeie raad wat dank­baar aan­vaar is. “Nee, skat, daar­die dra­ma het twee pou­ses no­dig.”

Eint­lik nee, die e­nig­ste re­de is om drank in die voor­por­taal te ver­koop. Ek sal al­tyd na raad luis­ter, maar dan ’n twee­de me­ning soek. En vir al­tyd die spook van in­stink re­spek­teer. Jy sal dit nooit ver­staan nie, want dis maan­de voor­uit, maar jy ig­no­reer dit op jou eie ri­si­ko.

Di­gi­ta­le te­a­ter het nou die stil ver­hoog op­sy ge­druk. My der­de op­voe­ring “op die wolk” vind juis op Er­fe­nis­dag plaas. Die ti­tel A­dapt or Fly kom van ver, maar die po­li­tie­ke hart­klop­pings is uit van­dag se hy­gings en kan ook sin­speel op die han­te­ring van die vi­rus en hoe ons daar­by moet aan­pas.

Hier­die aan­pas of vlieg kom 40 jaar ná my eer­ste po­li­tie­ke tong­uit­steek, A­dapt or Dye. En om­dat dit op Er­fe­nis­dag gaan speel, is die in­houd al hoe meer per­ti­nent.

Ek neem al­mal saam op ons lang stap na vry­heid, ge­lei deur die rui­ters van die Boe­re A­po­ka­lips: Ma­lan, S­try­dom, Ver­woerd,

Vor­ster, PW en FW. En dan die be­twy­fel­ba­re be­skerm­en­ge­le van ’n nu­we nor­maal: Man­de­la, M­be­ki, Zu­ma en ’n hui­we­ri­ge CR. Dit gaan ook oor ’n er­fe­nis: Die po­li­tiek van gis­ter, van­dag en mô­re. En al­les op­ge­dis met die soet­suur-sous van hu­mor. In ons hui­di­ge kiem-nag­mer­rie is lag die e­nig­ste me­di­sy­ne. Wat voor­lê, is steeds iets wat nie­mand kan voor­spel nie. Aan­pas is mis­kien die e­nig­ste uit­weg, want vlieg staan stil op lug­ha­wens.

Uit my sa­ti­rie­se swerm (klink be­ter en meer hard­ly­wig in En­gels se sa­ti­ri­cal clus­ter) is Mrs Pe­ter­sen van die Kaap­se Vlak­tes, No­well Fi­ne nou by haar 59ste ma­triek­ma­kie­tie, en al die be­wo­ners van die U­nie­ge­bou as deel van die op­skop­koor van i­ko­ne en ai­ko­nas. Hul­le kan na­tuur­lik nooit al­mal ge­lyk op my ver­hoog wees om me­kaar in die bek te ruk nie. Ek bly maar die gom wat al die mens­li­ke stuk­kies by­me­kaar hou.

Die feit van die li­ve-stre­am be­te­ken dat ’n wê­reld kan saam­kyk, en nie net ’n te­a­ter vol plaas­li­ke men­se nie. Daar is ook spoe­gies A­fri­kaans in die stuk, dus moet die “toe­ris­te” wat in­loer, mooi luis­ter en be­sef hul­le sal al­les ver­staan. Vrot po­li­tiek het nie ver­ta­lings no­dig nie.

Par­ty men­se in die nuus suk­kel la­ter om iets nuuts te sê, maar met wat ons land se po­li­tiek in die pan­de­mie op­le­wer, is ge­noeg om lek­ker voor te lag met ’n traan. Weer, soos met a­part­heid en vigs, is niks s­naaks nie, maar die be­lag­lik­heid van kor­rup­te af­le­we­rings waar­borg ’n lag­bui.

Ons po­li­tie­ke skur­ke sê mos mak­lik: “Pa­tri­ot: on­skul­dig tot skul­dig ver­klaar.” Ek is be­vrees dat die sin nou so moet lees: “Po­li­ti­kus: skul­dig tot on­skul­dig be­vind.” Am­per al­mal in ons hui­di­ge po­li­tie­ke spek­trum pro­beer te­a­ter­lik die uit­slag van kor­rup­sie on­der die gri­me­ring van skyn­hei­lig­heid weg­steek.

Daar is jam­mer­lik min goeie ou­ens in die po­li­tiek oor; net ka­der­op­drif­sels en vrot (l)ei­ers. Maar ons kan nog lag. Dis ook oor­mô­re se er­fe­nis.

■ A­dapt or Fly van­aand om 18:00. Kaar­tjies is be­skik­baar by https:// qkt.io/pie­ter-dirk-uys-pre­sent­sa­dapt-or-fly

Pie­ter-Dirk Uys en ’n paar po­li­tie­ke spo­ke uit die ver­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.