Rug­by­man on­der­vra oor sel­foon

Die Burger - - 1 - May­ge­ne­ de­ Wee Lt.kol.­ C­harl­ Kinnear

’n Voor­ma­li­ge be­roeps­rug­by spe­ler van S­prings is Dins­dag­aand deur Wes-Kaap­se speur­ders wat die moord op lt.kol. C­harl Kinnear (52) on­der­soek, vir on­der­vra­ging in­ge­neem.

Die 39-ja­ri­ge man, seun van ’n af­ge­tre­de po­li­sie­ko­lo­nel, is glo die een wat die na­spo­ring van Kinnear se sel­foon ge­doen het.

Bron­ne het gis­ter ge­sê die man, wat glo skuld­in­vor­de­ring van voer­tuig­le­nings vir ban­ke doen, is deur die speur­ders na ’n po­li­sie­kan­toor aan die Gau­teng­se Oos-Rand ge­neem waar hy gis­ter tot in die vroeë og­gend­u­re on­der­vra is.

’n An­der bron in Gau­teng het gis­ter ge­sê die man is nie voor ’n hof ge­bring nie. Dié bron sê ook die man is nog nie aan­ge­kla nie. Vol­gens die bron het die po­li­sie 48 uur voor­dat die man aan­ge­kla moet word. “Word hy aan­ge­kla, sal hy Vry­dag (mô­re) in die hof ver­skyn,” sê die bron.

Die man wat vir on­der­vra­ging in­ge­neem is, doen glo die na­spo­ring van sel­foon­sei­ne om ek­stra geld te ver­dien. ’n On­be­ken­de man het hom glo ge­bel en ge­sê hy wil sy vrou se sel­foon laat na­spoor, sê ’n bron by na­vraag. Dié bron sê ook die man sou hom nooit in­laat by iets waar an­der men­se sou seer­kry en in dié ge­val ver­moor word nie.

“Hy het ge­dink dit is ’n ja­loer­se man wat sy vrou se be­we­gings wil dop­hou.”

Hy voeg by die man het aan ’n fa­mi­lie­lid ge­sê hy het die sel­foon baie keer na­ge­spoor.

Kinnear, speur­hoof van die ben­de-een­heid in die Wes-Kaap, is ver­le­de Vry­dag deur ’n on­be­ken­de man in ’n rooi kap­pie­top voor sy huis in Sid­ney­va­le, Bis­hop La­vis, ge­skiet. Hy is op die to­neel dood.

Dit was nie die eer­ste aan­slag op Kinnear se le­we nie.

In No­vem­ber ver­le­de jaar is ’n man in heg­te­nis ge­neem na­dat hy met twee hand­gra­na­te na­by Kinnear se huis be­trap is.

Kinnear en sy ge­sin is toe vir ’n tyd­jie deur die po­li­sie be­skerm, maar die be­sker­ming is in Ja­nu­a­rie ont­trek. Die voor­val van die man met die hand­gra­na­te was pre­sies ’n week na­dat kol. An­dré Kay, nog ’n Wes-Kaap­se po­li­sie­be­amp­te, voor sy huis in Bis­hop La­vis dood­ge­skiet is.

Daar is des­tyds be­spie­gel dat die men­se wat Kay dood­ge­skiet het, die ver­keer­de po­li­sie­be­amp­te ge­tei­ken het.

Kinnear het in Ja­nu­a­rie 2019 in ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring ge­sê hy vrees vir sy le­we en dié van sy ge­sin en het ge­vra dat van sy kol­le­gas ver­bon­de aan die Wes Kaap­se mis­daad in­tel­li­gen­sie-af­de­ling on­der­soek moet word. Hy het toe aan­ge­voer dat le­de van mis­daad in­tel­li­gen­sie in pri­va­te voer­tuie voor sy huis ge­par­keer staan en sy huis mo­ni­tor. Die voer­tuie, het Kinnear glo uit­ge­vind, be­hoort al­ma laan die mis­daad in­tel­li­gen­sie-af­de­ling.

Kinnear was glo be­kom­merd dat die be­amp­tes hom of sy ge­sin leed kan aan­doen.

Hy was ook die af­ge­lo­pe drie jaar aan die hoof van twee on­der­soe­ke na Na­fiz Mo­dack (38), een van die be­weer­de lei­ers in die Kaap­se on­der­wê­reld. Een van dié sa­ke was ’n voor­val van af­per­sing waar­in Mo­dack, Co­lin Booy­sen, Ja­c­ques Cron­jé en Ash­ley Fields glo pro­beer het om die be­stuur van The Grand, ’n be­ken­de Kaap­se o­pe­lug­re­stau­rant by die V&A Wa­ter­front, vir be­sker­mings­geld af te pers.

Hul­le is on­skul­dig be­vind op al die aan­klag­te.

Die an­der saak wat Kinnear teen Mo­dack on­der­soek het, is een waar­in hy en 20 an­der men­se, wat vuur­wa­pen­han­de­laars en po­li­sie­be­amp­tes in­sluit, in die land­dros­hof in Kemp­ton Park ver­skyn het. Hul­le staan te­reg op aan­klag­te van be­drog en regs­ver­y­de­ling en aan­klag­te wat ver­band hou met die oor­tre­ding van die Wet op Vuur­wa­pen­be­heer.

Kinnear was ook die on­der­soek­be­amp­te in die moord op adv. Pe­te Mi­ha­lik. Mi­ha­lik se drie ver­meen­de moor­de­naars moet op 26 Fe­bru­a­rie 2021 in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad in ’n voor­ver­hoor ver­skyn.

Na­vrae oor die on­der­vra­ging is aan brig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, Val­ke-woord­voer­der, ge­stuur. Hy het teen druk­tyd nog nie daar­op ge­re­a­geer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.