Waar­om is SA se ko­nink­li­kes so stil?

Die Burger - - Kommentaar - Re­na­te, Brac­ken­fell

Suid-A­fri­ka het tien ko­nings en een ko­nin­gin, as­ook hon­der­de tra­di­si­o­ne­le lei­ers en hoof­man­ne. Die ko­nings ver­dien elk­een meer as R1 mil­joen per jaar, en die tra­di­si­o­ne­le lei­ers en hoof­man­ne ef­fens min­der.

Ek won­der al lank of hier­die ko­nings, ko­nin­gin en tra­di­si­o­ne­le lei­ers ook lief­da­dig­heids­werk doen, soos die ko­nink­li­kes in die res van die wê­reld. Ver­al die Eu­ro­pe­se ko­nink­li­kes is by­na daag­liks op so­si­a­le me­dia te sien waar hul­le lief­da­dig­heids­werk doen of on­der­steu­ning bied. Prin­ses­se wat kos­pak­kies in­pak, ’n ko­nin­gin wat on­der­ne­mings be­soek om on­der­steu­ning aan te bied, ver­skeie lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sies wat met raad en daad on­der­steun word, is al­ge­meen.

Ver­al ty­dens die Co­vid-pan­de­mie het die Eu­ro­pe­se ko­nings­hui­se uit­ge­spring om hulp te ver­leen en on­der­steu­ning aan te bied.

Suid-A­fri­ka se ko­nings en tra­di­si­o­ne­le lei­ers kan tog se­ker ten ty­de van die pan­de­mie ’n groot rol speel om men­se be­wus te maak van die ge­va­re van be­smet­ting, hoe om dit teen te werk, ens. Hul­le be­hoort tog sig­baar on­der­steu­ning te bied en lief­da­dig­heid te doen om die wel­syn van on­der­da­ne te be­vor­der.

Waar­om lees ons nie van sul­ke da­de nie? Waar­om sien ons dit nie op so­si­a­le me­dia nie ?

Ek hoop van har­te dat hul­le wel lief­da­dig­heid en op­hef­fings­werk doen, en dat ek net nie daar­van weet nie. Dit sal bit­ter hart­seer wees in­dien hul­le dit nie doen nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.