‘Oor­win­ning was g’n ge­luk­skoot’

Die Burger - - Sake -

Daar­die dag was ’n ge­skied­kun­di­ge dag – dit was im­mers s­legs die der­de keer (ook 1899 en 1911) dat die span van Kimberley daar­in kon slaag om die Cur­rie­be­ker te wen. En dit boon­op teen die mag­ti­ge P­re­to­ri­a­ners, ’n span wat deur Buur­man van Zyl af­ge­rig is. Dit was die flank Peet S­mith, wat die oor­win­ning moont­lik ge­maak het toe hy laat in die wed­stryd ’n straf­doel vir sy span deur die pa­le ge­jaag het.

Die se­ge is deur som­mi­ges as ’n ge­luk­skoot be­skryf, maar die le­gen­da­rie­se S­pring­bok-sen­ter Man­ne­tjies Roux, wat G­rie­kwas dié dag aan­ge­voer het, sê dit was be­slis nié die ge­val nie.

G­rie­kwas was daar­die jaar on­oor­won­ne in die Cur­rie­be­ker-reeks, wat ’n se­ge oor die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie (22-18) in­ge­sluit het. Noord­wes-Kaap (50-3), Noord­oos-Kaap (38-8), Na­tal (17-14), Grens (15-11) en Oos-Trans­vaal (43-16) is almal op pad eind­stryd toe ge­troef.

Roux (81), wat dees­dae in Kaap­stad woon, sê dit was ’n won­der­li­ke ervaring.

“Dit was my laas­te pro­vin­si­a­le wed­stryd en ek was ge­luk­kig om op ’n wen­noot af te sluit.

“Ek dink nie dit was ’n ge­luk­skoot nie, ons het ja­re saam­ge­speel en het ’n sterk span oor ’n lang tyd­perk ge­bou. Om te wen is al­tyd lekker. Ver­al teen Noord-Trans­vaal, ’n baie sterk span. Maar ons was nie se­ker van die se­ge tot­dat die eind­fluit­jie ge­blaas het nie.

“Ian Kirk­pa­trick (G­rie­kwas se brei­er) was ’n baie slim af­rig­ter, hy het dit reg­ge­kry om baie uit die ou­ens te haal.”

G­rie­kwas het in­der­daad in die ja­re voor 1970 ook ’n goeie peil ge­hand­haaf. In 1968 het hul­le vier van hul se­we Cur­rie­be­ker-wed­stry­de ge­wen en die vol­gen­de jaar vier van die ses. Die span van Kimberley het ook in 1969 die be­soe­ken­de Wal­la­bies met 21-13 ge­klop.

Jog­gie Vil­joen (75, Port E­li­za­beth), die wen­span se skrum­ska­kel in die Cur­rie­be­ker-eind­stryd van 1970, sê toe S­mith se skop deur die pa­le trek, het die he­le Kimberley soos een man op­ge­staan.“Daar­die aand het ons ge­dans, selfs die ou­ens wat nie kán dans nie.

“Ons het plan­ne in die lyn­sta­ne ge­had. Jan­nie van As­we­gen (slot) het ag­ter ge­staan en dan dink hul­le ons gaan op hom gooi. Dan gooi ons vir die kort ou­ens voor,” sê Vil­joen.

Sy ska­kel­maat, Piet Vi­sa­gie (77, Pot­chef­stroom), sê: “Daar­die oor­win­ning was teen die ver­wag­tin­ge in. Noord-Trans­vaal

het nooit ge­dink ons sal wen nie, ons het hul­le ver­ras.”

Die agt­ste­man De­nys Vor­ster (81, Bon­nie­va­le) sê dit was deel van Kirk­pa­trick se stra­te­gie om die los­bal te tei­ken.

Die vleu­el Bud­dy Swartz (71, Kaap­stad) het daar­die dag in sy eer­ste Cur­rie­be­ker-wed­stryd ge­speel en twee drieë ge­druk.

“Ons het nooit ge­dink dat ons net daar is om ge­tal­le vol te maak nie. Ons het nog­al baie self­ver­troue ge­had.

“Wat ná al die ja­re lekker is, is dat ek steeds met van daar­die ou­ens kon­tak het en oor die wed­stryd ge­sels,” sê Swartz.

Gert S­chee­pers (75), wat na­by Kimberley woon en des­tyds slot was, sê die eind­stryd was vir hom ’n spe­si­a­le ge­leent­heid om­dat hy die voor­reg ge­had het om teen die S­pring­bok F­rik du P­reez te speel.

“Ek sal nie sê ons het ge­dink ons kan wen nie, maar ons het ’n kans ge­had. Ons het net so ’n goeie kans as hul­le ge­staan.”

By die stut Braam Fou­rie (81, Ku­ru­man-dis­trik) is daar geen twy­fel nie dat G­rie­kwas se be­ter fiks­heid een van die be­lang­rik­ste re­des was waar­om hul­le ge­wen het – en Noord-Trans­vaal se oor­ge­rust­heid.

“Maar Ian Kirk­pa­trick ver­dien lof vir die oor­win­ning. Hy het al die sterk- en swak­pun­te van ons teen­stan­der ge­ken.”

Wan­neer Tos S­mith (80, Kimberley), heel­ag­ter, oor die eind­stryd ge­sels, is dit dui­de­lik dat hy en sy span­maats ge­weet het dit was ’n u­nie­ke ge­leent­heid.

“Ons het des­tyds ge­weet dit is ons kans van ’n leef­tyd. Ons het baie hard ge­werk, en die wil om te wen was daar.”

Foto: ARGIEF

Van­dag is dit ’n half­eeu se­dert G­rie­kwas in 1970 die mag­ti­ge Noord-Trans­vaal met 11-9 in Kimberley ge­skok het om die Cur­rie­be­ker op te raap. Le­de van die se­ë­vie­ren­de span ont­hou daar­die dag en wat dit vir G­rie­kwa-rug­by en vir hul­le be­te­ken het, skryf Mar­nus Kok. Man­ne­tjies Roux, wat die G­rie­kwas in 1970 tot Cur­rie­be­ker-glo­rie aan­ge­voer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.