Is dit die prys van men­se­reg­te?

Die Burger - - 8 -

Wil­lem de Haan, Wel­ge­moed

In hier­die tyd van Co­vid-19, waar ons ver­tel word dat die in­per­king be­doel is om le­wens te red, want die le­wens is so be­lang­rik dat selfs die ver­lies aan in­kom­ste en be­las­tings daar­voor op­ge­of­fer kan word, is dit mis­kien ge­pas om te won­der of hier­die ar­gu­ment nie o­rals be­hoort te geld nie?

Dit is be­kend dat mis­da­di­gers, ten spy­te van tronk­straf, dik­wels weer die­self­de mis­daad pleeg. Só is dit dat moor­de­naars wat tronk­straf op­ge­lê word, ook in die tronk voort­gaan om moord te pleeg. En ook na­dat hul­le los­ge­laat word, ver­de­re moor­de pleeg.

Die e­nig­ste ma­nier waar­op hier­die twee­de, en soms der­de, moord voor­kom kan word, is om die mis­da­di­ger ná die eer­ste moord per­ma­nent uit die ge­meen­skap te ver­wy­der, en slegs die dood­straf kan dit be­werk­stel­lig.

Dit kan na ’n “dra­ko­nie­se” stap lyk, maar was som­mi­ge van die in­per­kings­maat­re­ëls nie ook “dra­ko­nies” nie?

Die ver­suim om die moor­de­naar te­reg te stel, maak die ge­meen­skap wat die dood­straf on­wet­tig ver­klaar het, me­de­plig­tig aan daar­die twee­de moord, want dit kon voor­sien­baar word dat dit sou ge­beur.

Of is dit maar ’n ri­si­ko wat ons moet aan­vaar en die prys om te be­taal vir die be­houd van ons “men­se­reg­te” en mo­raal? Ek twy­fel of die slag­of­fer van die twee­de moord dit so sou in­sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.