Fa­mous Brands kry ’n Co­vid-veeg

S­teers-sous baie ge­wild, maar dis skra­le troos

Die Burger - - 11 - Han­lie S­tad­ler

Suid-A­fri­ka­ners kon dalk nie ty­dens die streng­ste vlak van in­per­king hul S­teers of Wim­py ge­niet nie, maar hul­le het weg­ge­lê aan dié restaurant­e se sous, ma­ri­na­de en ham­bur­ger­frik­ka­del­le, wat deur­gaans in su­per­mark­te te koop was.

Fa­mous Brands, wat on­der meer Wim­py, S­teers, Mugg & Be­an en De­bo­nairs be­sit, het in die ses maan­de van Maart tot Au­gus­tus R72 mil­joen se ver­ko­pe in win­kels soos Pick n Pay, C­hec­kers, S­par en Ma­kro be­haal.

Dit sluit in S­teers se slaai­sous, braai­sous, ma­ri­na­de en frik­ka­del­le; Wim­py se ta­ma­tie- en mos­terd­sous; en kof­fie van Mugg & Be­an.

Die groep het van­jaar vir die eer­ste keer af­son­der­lik be­gin ver­slag doen oor klein­han­del­ver­ko­pe na­dat hy die ver­vaar­di­ging van dié pro­duk­te in Ok­to­ber in­ge­kon­trak­teer het. Dit is dus moei­lik om die R72 mil­joen met die­self­de half­jaar van 2019 te ver­ge­lyk. Dis wel meer as die helf­te van die klein­han­del­ver­ko­pe van R144 mil­joen vir die vol­le geld­jaar tot ein­de Fe­bru­a­rie.

Ver­skeie kos­pro­du­sen­te het die laas­te maan­de in hul re­sul­ta­te ge­wys hoe die in­per­king ver­brui­kers meer kos en by­mid­dels laat koop het soos hul­le nood­ge­dwon­ge – maar baie men­se ook met groot gees­drif – tuis be­gin kos­maak het.

Vir Fa­mous Brands, wat in sy 2019-half­jaar ’n in­kom­ste van R3,6 mil­jard en ’n be­dryfs­wins van R405 mil­joen be­haal het, is R72 mil­joen eg­ter skra­le troos.

Die maat­skap­py het Vry­dag in

’n Sens-ver­kla­ring aan­ge­kon­dig hy ver­wag sy wins vir die half­jaar tot ein­de Au­gus­tus gaan om­swaai na ’n ys­li­ke ver­lies.

Fa­mous Brands ver­wag ’n ba­sie­se ver­lies van tus­sen R13,82 en R16,89 per aan­deel teen­oor ver­le­de jaar se wins van R1,59 per aan­deel.

Be­ne­wens ’n be­dryfs­ver­lies weens die in­per­king, was daar ook die af­skry­wing van R1,2 mil­jard in Fa­mous Brands se be­leg­ging in GBK. Dit be­te­ken, soos vroe­ër aan­ge­kon­dig is, dat die vol­le waar­de van GBK nou af­ge­skryf is.

Die groep het vroe­ër ge­sê hy gaan geen ver­de­re fi­nan­si­ë­le steun aan GBK gee nie, maar sê nou on­der­han­de­lin­ge met die sa­ke­red­ders duur voort.

Die maat­skap­py gaan ook ’n ba­sie­se we­sens­ver­lies per aan­deel van tus­sen R2,16 en R2,64 ly teen­oor die we­sens­ver­dien­ste van R1,59 ver­le­de jaar. Die we­sens­ver­dien­ste is ’n aan­dui­ding van be­dryfs­pres­ta­sie om­dat dit een­ma­li­ge i­tems uit­sluit.

Die groep reik sy tus­sen­tyd­se re­sul­ta­te na ver­wag­ting op 26 Ok­to­ber uit.

Restaurant­e, fa­brie­ke ‘in hi­ber­na­sie’

Fa­mous Brands be­skryf die fi­nan­si­ë­le im­pak van die Co­vid-19pan­de­mie en ge­paard­gaan­de in­per­kings op al sy mark­te as “ui­ters straf”.

Fa­mous Brands be­dryf restaurant­e in Suid-A­fri­ka, die res van A­fri­ka en die Mid­de-Oos­te en B­rit­tan­je.

Die Wê­reld­ge­sond­heids­or­ga­ni­sa­sie het Co­vid-19 op 11 Maart – dus kort ná die aan­vang van die eer­ste maand van Fa­mous Brands se nu­we geld­jaar – tot wê­reld­wye pan­de­mie ver­klaar.

Die streng­ste in­per­kings wê­reld­wyd het in Maart en A­pril ge­geld. Vol­gens die re­stau­rant­groep is die im­pak van die pan­de­mie eg­ter die he­le ses maan­de ge­voel, selfs na­dat die in­per­kings­re­gu­la­sies ge­lei­de­lik ver­slap is. Ty­dens die streng­ste fa­ses van die in­per­king kon slegs die klein­han­del­af­de­ling in SuidA­fri­ka sa­ke doen. Dis dié af­de­ling wat S­teers- en Wim­py-sous en Mugg & Be­an-kof­fie in win­kels ver­koop.

In B­rit­tan­je en Suid-A­fri­ka was al­le restaurant­e aan­vank­lik ge­sluit, maar in se­ke­re A­fri­ka­en Mid­de-Oos­ter­se lan­de was die in­per­kings nie heel­te­mal so streng nie, wat ’n ma­te van han­del vir Fa­mous Brands moont­lik ge­maak het.

Vol­gens die groep het baie restaurant­e tot Ju­lie “in hi­ber­na­sie ge­bly”. Nie al­le Wim­py-tak­ke het by­voor­beeld oop­ge­maak vir af­le­we­ring nie.

Fa­mous Brands sê die pan­de­mie het sy drie­jaar­plan versnel. Dis die plan wat die groep op­ge­stel het om die on­der­ne­ming te her­skik en kos­te te ver­min­der. Die maat­skap­py het ’n kre­diet­ge­rief van R300 mil­joen vir die Co­vid-19-kri­sis on­der­han­del, maar sê hy het dit toe nie no­dig ge­had nie.

Só vaar af­de­lings ■ Hoof­stroom­re­stau­ran­te

Suid-A­fri­kaan­se ver­ko­pe by dié restaurant­e, wat Wim­py, S­teers, De­bo­nairs en Fis­ha­ways in­sluit, het met 48% ge­daal. Ver­ge­lyk­ba­re ver­ko­pe, dus vir restaurant­e wat ook in die­self­de helf­te van die vo­ri­ge geld­jaar be­staan het, het met 48,7% ge­daal.

■ Spe­si­a­li­teits­re­stau­ran­te

Suid-A­fri­kaan­se ver­ko­pe by dié restaurant­e, on­der meer Keg, Vo­vo Te­lo, Hou­se of Cof­fees en Myt­hos, het met 70,1% ge­daal en ver­ge­lyk­ba­re ver­ko­pe met 70,4%.

■ A­fri­ka en die Mid­de-Oos­te

In die res van A­fri­ka en die Mid­de-Oos­te het ver­ko­pe met slegs 30,1% ge­daal dank­sy min­der streng in­per­kings.

■ B­rit­tan­je

Ver­ko­pe in dié land het met 66,2% ge­daal, maar die sy­fers word skeef­ge­trek deur die feit dat Gour­met Bur­ger Kit­chen reeds lank voor die Co­vid-19-kri­sis on­der druk was. Dié groep is in sa­ke­red­ding en tal­le restaurant­e het die af­ge­lo­pe jaar ge­sluit. Net 65% van GBK se restaurant­e doen nog sa­ke.

■ Ver­vaar­di­ging en lo­gis­tiek

Die af­de­ling wat kos vir Fa­mous Brands se restaurant­e ver­vaar­dig en ver­voer, is baie swaar deur die in­per­king ge­tref.

Slegs Fa­mous Brands se fa­briek in Lam­berts­baai, Lam­berts Bay Foods, is tot nood­saak­li­ke diens ver­klaar en kon met pro­duk­sie voort­gaan. Op vlak­ke 4 en 3 van die in­per­king – toe tuis­af­le­we­ring van kits­kos en daar­na al­le kits­kos­diens­te toe­laat­baar was – kon ver­vaar­di­ging ge­lei­de­lik her­vat word.

Die groep se in­kom­ste uit ver­vaar­di­ging het met 45% ge­val en uit lo­gis­tiek met 46%.

■ Klein­han­del

Die ver­ko­pe van Wim­py- en S­teers-sous aan win­kels het in die ses maan­de R72 mil­joen be­loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.