Die­self­de ske­te pla ook ‘nu­we’ Leeus

Die Burger - - 16 - Chris­to Bu­ch­ner

Die Leeus het ver­an­der van haar, maar be­slis nie van snaar nie.

Al het die span wat Sa­ter­dag­aand op Lof­tus Vers­feld teen die S­tor­mers ge­speel het, ’n ge­daan­te­ver­wis­se­ling on­der­gaan wat spe­lers be­tref, was die­self­de ske­te wat hul­le ses maan­de ge­le­de die agteros in die Suid-A­fri­kaan­se rug­by­kraal ge­maak het, steeds teen­woor­dig.

Die Gau­teng­se fran­chi­se het met 21-34 ver­loor.

In daar­die eer­ste 50 mi­nu­te toe die uit­soek­span op die veld was, het hul ver­de­di­ging soos daar­die eer­ste drie maan­de voor Co­vid19 glad nie aan die ver­wag­tin­ge vol­doen nie en was hul dis­si­pli­ne ook weer be­roerd met tal­le straf­skop­pe wat af­ge­staan is.

Die drie wat Court­nall S­ko­san bin­ne die eer­ste vyf mi­nu­te ge­druk het dank­sy ’n uit­ste­ken­de dwars­skop van El­ton Jan­tjies, een van die min Leeus wat sy kant ge­bring het, was niks an­ders as ’n vals a­larm nie.

Daar­na het die S­tor­mers ’n ys­ter­greep op sa­ke ge­kry en in daar­die 50 mi­nu­te wat die so­ge­naam­de voor­slag­spe­lers op die veld was, het die S­tor­mers met 27-7 ko­ning ge­kraai.

Dit was ve­ral in die skrums waar die Leeus ge­knor het en deur­gaans in tru­rat was. Die nu­we­ling-ha­ker van die Leeus, Ja­co Vi­sa­gie, het ’n he­le paar lug­fo­to’s van Lof­tus ge­neem soos hy uit die skrums ge­lig is.

Toe die he­le span vir die laas­te half­uur ver­an­der is, het die tem­po ver­hoog en het die Leeus nog twee drieë gaan druk en meer on­der­ne­mings­gees ge­toon.

Soos wat hy al in die eer­ste drie maan­de van die sei­soen ge­wys het, is Dil­lon S­mit ’n be­ter be­leg­ging op skrum­ska­kel as An­dré War­ner, met wie daar eg­ter vol­hard word as Jan­tjies se ska­kel­maat.

I­van van Rooy­en, die hoof­af­rig­ter, het toe­ge­gee sy span se fou­te het die S­tor­mers se krag in die vas­te fa­set­te in die spel in­ge­bring.

“Dit is nie lek­ker om nie te kon wen nie, maar ek voel tog daar is heel­wat po­si­tie­we as­pek­te waar­mee ons kan werk.

“Die nu­we­lin­ge het al­mal goed in­ge­ska­kel en ek glo oor twee we­ke sal al­mal ge­mak­lik wees met hoe ons wil speel en ’n groot by­drae kan maak,” sê hy.

El­ton Jan­tjies, die kap­tein, sê hy het goeie kom­mu­ni­ka­sie ont­vang van Bur­ger O­den­daal (die Bul­le se vo­ri­ge kap­tein) en Ja­co K­riel (oud­kap­tein van die Leeus). K­riel is ook een van die ver­loor­span se spe­lers wat hom­self goed van sy taak ge­kwyt het.

Tog hang daar­die vraag­te­kens oor die ver­de­di­ging en dis­si­pli­ne le­wens­groot oor die Leeus se kop­pe, met die slot Mar­vin O­rie wat ook ’n geel­kaart ge­kry het.

Dit sal ’n te­leur­stel­ling vir on­der­steu­ners wees dat na­dat daar so­veel klem in die Co­vid-19-tyd op dié as­pek­te was, dit steeds pro­bleem­ge­bie­de is.

Op El­lis­park wag daar nog baie har­de werk voor­dat die Leeus as ’n Cur­rie­be­ker-aan­spraak­ma­ker be­skou kan word.

Fo­to: GALLO IMAGES

Deur die ga­ping! Die S­tor­mers-aan­wins War­rick Ge­lant glip Sa­ter­dag­aand op Lof­tus Vers­veld deur die Leeus se ver­de­di­gings­li­nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.