Dis bui­te ons be­heer, sê Du­a­ne oor Bok­ke en Rug­by­kam­pi­oen­skap

Die Burger - - 16 - Co­bus Claas­sen

Die slim ou­ens ag­ter die skerms sal be­ter weet en sou daar wel be­sluit word die S­pring­bok­ke moet in die Rug­by­kam­pi­oen­skap speel, moet die spe­lers aan­pas­baar wees.

In dié sta­di­um kan die spe­lers slegs fo­kus op dit wat wel gaan plaas­vind, die plaas­li­ke Su­per­reeks en Cur­rie­be­ker-kom­pe­ti­sie, sê die S­pring­bok-agt­ste­man Du­a­ne Ver­meu­len.

Daar is ’n le­gio vrae in SuidA­fri­kaan­se rug­by oor die Bok­ke wat, sou hul deel­na­me aan die

Rug­by­kam­pi­oen­skap be­ves­tig word, oor min­der as drie we­ke Aus­tra­lië toe moet vlieg.

Dié veld­tog sal son­der be­seer­de sleu­tel­spe­lers soos Han­dré Pol­lard, Lood de Ja­ger, RG Sny­man, Pie­ter-S­te­ph du Toit en dalk ook E­ben Et­ze­beth aan­ge­pak word.

Op die ke­per be­skou, lyk dít na moei­lik­heid soek, maar Ver­meu­len sê dit is nie iets waar­mee die spe­lers hul­le be­moei nie.

“Dit is moei­li­ke om­stan­dig­he­de en ons weet nie wat gaan ge­beur nie. Ons kan in die sta­di­um net fo­kus op dit wat ons kan be­heer.

“Die be­lang­rik­ste is om nou al­les moont­lik te doen om jou­self fi­siek ge­reed te kry.

“Ons weet op die oom­blik dat daar ’n Cur­rie­be­ker-kom­pe­ti­sie (ná ’n plaas­li­ke Su­per­reeks) gaan wees en jy kan nie veel ver­der as dit fo­kus nie,” sê dié Bok­ys­ter.

Ver­meu­len gee toe die wê­reld­kam­pi­oen, wat ook die hou­er van die Rug­by­kam­pi­oen­skap­s­ti­tel is, sal ’n “bie­tjie van ’n na­deel hê” as dié kam­pi­oen­skap be­slis word.

Die All Blacks en Wal­la­bies het al­bei plaas­li­ke kom­pe­ti­sies af­ge­han­del en sou me­kaar in twee B­le­dis­loe­be­ker-toet­se ge­pak het teen die tyd dat die Bok­ke in Aus­tra­lië aan­kom.

“Ons me­die­se ou­ens praat daar­van dat min­stens 400 mi­nu­te se rug­by no­dig is voor­dat ons toets­rug­by kan speel.

“Ge­luk­kig is dit nie ons wat daar­die be­sluit moet neem nie. Daar is slim ou­ens ag­ter die skerms wat daar­mee help.

“Dit is fan­tas­ties om nom­mer een (op die wê­reld­rang­lys) te wees, maar ons moet nou eers die oor­gang ná Co­vid-19 on­der die knie kry en al­mal weer op stan­daard kry.”

Ver­meu­len sê Sa­ter­dag se krag­me­ting op Nu­we­land tus­sen die na­si­o­na­le Groen- en Goud­span, gee die spe­lers nog ’n kans om wed­stryd­fiks te word, ter­wyl die op­ko­men­de ster­re die ge­leent­heid moet aan­gryp.

“Daar is ook ie­mand soos Ar­no (Bo­tha), wat al daar was en weer ’n kans kry om te wys hy het steeds die be­geer­te om vir die Bok­ke te speel.”

Die span­ne se af­rig­ters, M­z­wan­di­le S­tick (Groen) en De­on

Da­vids (Goud), kon­dig van­dag hul span­ne aan.

Word daar be­sluit dit is te veel van ’n waag­stuk om in die Rug­by­kam­pi­oen­skap te speel, sal dit die eer­ste keer se­dert 1991 wees wat die S­pring­bok­ke nie ’n toets in ’n ka­len­der­jaar speel nie.

Dit sal ook be­te­ken dat die Bok­ke se eer­ste af­spraak se­dert ver­le­de jaar se Wê­reld­be­ker­eind­stryd in Ja­pan, straks die eer­ste toets teen die B­rit­se en Ier­se Leeus sal wees, ten­sy ’n toets of twee voor­af ter voor­be­rei­ding van die reeks ge­re­ël kan word.

Du­a­ne Ver­meu­len

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.