Tan­za­ni­ër be­gra­we wat kind wou red

Die Burger - - 7 - War­da Mey­er

Die Tan­za­ni­ër wat ver­drink het toe hy ’n agt­ja­ri­ge mei­sie ge­du­ren­de ’n storm uit ’n ka­naal in Vy­gie­s­kraal wou red, is Woens­dag ná by­na t­wee maan­de ter rus­te ge­lê.

Yu­suf Ki­ri­bo­to (30) het ver­drink toe hy op 9 Ju­lie in die ka­naal ge­spring het om A­bie­da Paul­se te pro­beer help.

Sy lyk is op 21 Ju­lie in Ha­zel­de­ne, Bok­ma­kie­rie, ge­kry, ’n dag na­dat A­bie­da se lyk in die Lies­beek­ri­vier on­der die M5-brug ge­kry is.

Ki­ri­bo­to se lyk is eers Woens­dag vry­ge­stel na­dat die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ’n drin­gen­de in­ter­dik aan die Al Ja­ma-ah-par­ty toe­ge­staan het.

Weens die 30-ja­ri­ge se ge­brek aan do­ku­men­te kon ’n dood­ser­ti­fi­kaat nie uit­ge­reik word so­dat hy be­gra­we kon word nie.

Ga­nief Hen­dricks, lei­er van Al Ja­ma-ah, sê die par­ty het in­ge­tree na­dat dit aan die lig ge­kom het dat Ki­ri­bo­to, wat ’n Mos­lem was, ná so­wat t­wee maan­de steeds nie be­gra­we is nie.

“Ki­ri­bo­to moes deur die pu­bliek ver­eer word vir die dap­per wy­se waar­op hy sy le­we ge­gee het om ’n mei­sie te pro­beer red. Sy hel­de­daad sal vir al­tyd ont­hou word,” sê Hen­dricks.

Hy sê dit is hart­seer dat Ki­ri­bo­to se be­jaar­de ou­ers moes bel en pleit dat hul­le seun vol­gens Mos­lem-tra­di­sies hier be­gra­we word. Hul­le kon weens hul ou­der­dom nie sy be­graf­nis by­woon nie.

Ki­ri­bo­to se be­graf­nis­diens was by die Ma­sjid-ul-Ans­aar-mos­kee in Bel­gra­via, waar­na hy in die Klip Ro­ad­be­graaf­plaas in Gras­sy Park be­gra­we is.

Hen­dricks sê die par­ty gaan die par­le­ment na­der met voor­ge­stel­de wy­si­gings aan wet­ge­wing en re­gu­la­sies so­dat ver­tra­gings voor­kom kan word wan­neer die ly­ke van Mos­lems by lyks­hui­se vry­ge­stel word, ver­al dié van bui­te­lan­ders.

Die par­ty het so­wat R40 000 vir regs­kos­te op­ge­dok en ook vir die no­di­ge do­ku­men­te be­taal, ter­wyl die mos­kee en sken­kers die be­graf­nis­kos­te be­taal het.

Yu­suf Ki­ri­bo­to word ter rus­te ge­lê.

Yu­suf Ki­ri­bo­to het ver­drink toe hy ’n mei­sie wat in ’n ka­naal ge­val het, wou help.

Yu­suf Ki­ri­bo­to se lyk is ge­reed om be­gra­we te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.