Rug­by­lui groet ‘Oom Chris’ met swaar hart

Die Burger - - 14 - Chris Bui­ten­dach – S­port­re­dak­sie

Hul­de­bly­ke het van o­ral in­ge­stroom met die nuus dat een van die noor­de se groot rug­by­gees­te, Chris Bui­ten­dach, die af­ge­lo­pe na­week sy stryd teen pan­kre­as­kan­ker ver­loor het.

Bui­ten­dach (68), ’n ge­lief­de af­rig­ter wat diep spo­re in SuidA­fri­kaan­se rug­by ge­trap het, het 28 span­ne (na­si­o­naal, pro­vin­si­aal en klub) tot eind­stry­de ge­neem in sy loop­baan wat oor 43 jaar ge­strek het. Sy span­ne het boon­op die helf­te van dié wed­stry­de ge­wen.

Bui­ten­dag, of Oom Chris soos hy in rug­by­k­rin­ge be­kend ge­staan het, se ge­denk­diens was Woens­dag, met oud-S­pring­bok­ke soos Wyn­and Claas­sen, Ger­rie Ger­mis­huys, Krynauw Ot­to, Ja­c­ques O­li­vier en T­hys Lou­rens wat aan hom hul­de ge­bring het.

Hy was ver­al ge­ken­merk aan sy gees­drif vir die spel en be­reid­wil­lig­heid om deur­lo­pend sy ken­nis oor rug­by uit te brei.

Hier­die dryf­krag het van hom een van die land se mees er­va­re af­rig­ters ge­maak, met sy loop­baan wat reeds in 1977 vlam­ge­vat het.

Hy het hom­self la­ter as ’n skrum­ghoe­roe ge­ves­tig en selfs in 1997 vir Nick Mal­let as skrum­kon­sul­tant by die S­pring­bok­ke by­ge­staan.

Dit was ook nie net in se­ni­or rug­by waar Bui­ten­dach sy stem­pel af­ge­druk het nie.

Van 1978 tot 1991 was hy een van die keur­ders vir die La­e­veld se o.18-Cra­ven­week-span, voor­dat hy van 1993 tot 1996 dié rol vir Noord-Trans­vaal ver­vul het.

Hy het ook as on­der­wy­ser en af­rig­ter by die ho­ër­sko­le Rob Fer­rei­ra en Nel­spruit diens ge­doen.

Jim­my S­to­ne­hou­se, die Pu­mas se af­rig­ter, was ook vol lof vir sy vriend, wat hy se­dert die 1980’s ken, toe hul­le on­der­skei­de­lik vir die Nel­lies en Ho­ër­skool Er­me­lo af­ge­rig het.

“My vriend, rus sag. Die rug­by­wê­reld gaan leeg wees son­der jou ken­nis. Ek sal ons kui­ers en kli­nie­ke mis. Dan­kie dat jy al­tyd daar was vir my en dan­kie my ou groot maat dat jy al­tyd be­reid was om jou ken­nis te deel,” het S­to­ne­hou­se op Fa­ce­book ge­skryf.

Bui­ten­dach het as brei­er die Suid-A­fri­kaan­se span tot die eind­stryd ge­voer by die Wê­reld­be­ker-toer­nooi vir stu­den­te op eie bo­dem in 1996, waar hy toe teen Frank­ryk vas­ge­val het. Dit was die bes­te ver­to­ning wat Suid-A­fri­ka tot nog toe in dié toer­nooi kon ver­mag.

In 1997 is hy as hulp­af­rig­ter vir Eu­ge­ne van Wyk by die Blou Bul­le be­trek en ’n jaar la­ter het hy dié span tot Cur­rie­be­ker-glo­rie help voer, toe hy die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie in die eind­stryd ge­troef het.

In 2016 het hy Tuks af­ge­rig toe hy die ti­tel by die Suid-A­fri­kaan­se stu­den­te­toer­nooi ver­o­wer het. Hy het dié span in die­self­de jaar ook ty­dens die Var­si­ty­be­ker­reeks tou­wys ge­maak.

Bui­ten Suid-A­fri­ka het hy in 2005 as skrum­kon­sul­tant vir Rus­land se na­si­o­na­le span ty­dens ’n toer na Suid-A­fri­ka op­ge­tree. Hy is in 2016 as voor­spe­le­raf­rig­ter van Po­le aan­ge­stel, voor­dat hy in 2019 ook dié lei­sels by In­dië se na­si­o­na­le span ge­neem het.

“Ons is be­son­der hart­seer om van die af­ster­we van Chris Bui­ten­dach te hoor. Ons was be­voor­reg om hom as ons voor­spe­ler-af­rig­ter van die na­si­o­na­le In­die­se span­ne in 2019 te hê. Hy was ’n ab­so­lu­te ju­weel van ’n mens en gaan werk­lik ge­mis word,” het Rug­by In­dië lui­dens ’n ver­kla­ring ge­sê.

Con­rad Bos­hoff, waar­ne­men­de lo­gis­tie­ke hoof by Tuk­sRug­by, het Bui­ten­dag as ’n “uit­son­der­li­ke mens” be­skryf.

“Hy was ’n wa­re Tuk­kie en ’n reg­te am­bas­sa­deur vir die spel van die le­we. Dit het nooit net oor rug­by ge­gaan vir Bui­ten­dach nie. Rug­by was vir hom ’n hulp­mid­del om waar­des aan jong man­ne te leer. Hy het hom­self be­skryf as ’n ‘men­se-bou­er’ eer­der as om na hom­self as ’n af­rig­ter te ver­wys,” het Bos­hoff ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.