Google be­taal nou som­mi­ge in­houd­skep­pers vir hul nuus

Die Burger - - 12 -

Google het in­ge­stem om som­mi­ge nuus­bron­ne te be­taal vir die nuus wat hy in sy apps aan sy ge­brui­kers wys.

Die teg­no­lo­gie­reus word reeds lank daar­van be­skul­dig dat hy nuus­diens­te se in­houd gra­tis op sy plat­forms ge­bruik.

In ’n toe­ge­wing aan die be­dryf het Google in­ge­stem om $1 mil­jard oor drie jaar aan in­houd­skep­pers te be­taal, het die maat­skap­py Donderdag ge­sê.

Dit is net die aan­vank­li­ke be­drag. Google be­plan om daar­na nog geld aan nuus­ver­skaf­fers te be­taal.

Google sal nuus­diens­te be­taal om ’n kort op­som­ming van ’n sto­rie te ver­skaf so­wel as “som­mi­ge in­houd” wat ag­ter ’n be­taal­muur ver­skyn.

Hy be­plan om dan daar­die in­houd gra­tis aan ge­brui­kers van ’n nu­we Google News-app te ver­skaf.

Dié app word van­dees­week in Bra­si­lië en Duitsland be­skik­baar ge­stel.

Die app bied ’n stroom van nuus­ar­ti­kels, soort­ge­lyk aan Fa­ce­book, maar bied ook kort op­som­mings van sto­ries vir ge­brui­kers wat net ’n oor­sig­te­li­ke blik op die nuus soek.

Google sal ook ska­kels bied na die re­le­van­te ar­ti­kels op die nuus­ver­skaf­fers se eie web­tuis­tes.

Google en Fa­ce­book haal hul­le reeds ge­rui­me tyd die wre­wel van uit­ge­wers op die hals om­dat die maatskappy­e hul in­houd ver­sprei, maar nie self daar­voor be­taal nie.

Uit­ge­wers voer aan dis die joer­na­lis­tiek wat ge­brui­kers na die plat­forms lok, maar Google en Fa­ce­book maak al die geld uit die ver­koop van ad­ver­ten­sies wat daar­mee saam ver­skyn.

Meer as 200 pu­bli­ka­sies in Duitsland, Bra­si­lië, Ar­gen­ti­nië, Ka­na­da, B­rit­tan­je en Aus­tra­lië het reeds aan­ge­dui hul­le sal saam met Google werk aan sy nu­we nuus-app.

Nie al­le uit­ge­wers sal eg­ter deel kan wees van die diens nie, sê Google. “Nie al­le uit­ge­wers pro­du­seer die vo­lu­me of ti­pe in­houd wat no­dig is vir die pro­duk nie.”

Google sal op ver­skil­len­de uit­ge­wers in ver­skil­len­de ge­bie­de fo­kus met ’n groot klem op plaas­li­ke of streek­koe­ran­te. Li­sen­sie­geld is on­der­han­del­baar en sal af­hang van hoe­veel in­houd die uit­ge­wer aan Google se diens ver­skaf.

Ge­sog­te pu­bli­ka­sies soos Duitsland se Der S­pie­gel is reeds deel van die diens.

Fo­to: UNSPLASH

Google het in­ge­stem om uit­ge­wers te ver­goed vir die nuus wat hy aan sy ge­brui­kers op sy plat­forms bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.