Vir­tu­e­le boek­klub wil jon­ges aan ge­sels kry

Die Burger - - 9 - AJ Op­per­man

Li­te­raal, ’n vir­tu­e­le boek­klub wat le­sers in Suid-A­fri­ka, Ne­der­land en Bel­gië ver­bind, is pas ge­stig.

Die aan­bie­ders is Ena S­teg­mann en S­ha­w­na-Le­ze Mei­ring, en dit sal een keer per maand gra­tis aan­ge­bied word.

Be­lang­stel­len­des van 15 jaar en ou­er kan hier­aan deel­neem.

“Dit maak eg­ter nie saak waar in die wê­reld jy woon nie, jy kan in­ska­kel,” sê S­teg­mann, be­mar­ker by La­pa se skool­af­de­ling.

“Dit is vir men­se van e­ni­ge ouderdom, maar die vrae van jon­ger le­sers kry voor­keur.”

Mei­ring, kin­der- en jeuguit­ge­wer by La­pa, sê hul­le wil jon­ger men­se be­trek.

“Ons eer­ste af­le­we­ring han­del oor voor­ge­skre­we boe­ke. Ons be­trek ook leer­lin­ge in die Lae Lan­de. Suid-A­fri­ka was nog al­tyd met hier­die lan­de ver­bind. Die op­vat­ting be­staan dat voor­ge­skre­we boe­ke in die Lae Lan­de meer ge­waag­de ma­te­ri­aal be­vat. Ons wil daar­oor praat.”

S­teg­mann voeg by: “Die ge­sprek gaan ver­der oor die be­na­de­ring tot sek­su­a­li­teit of gods­diens in sko­le. Ons wil graag ’n gro­ter lees­kul­tuur bou.”

S­pre­kers word in el­ke by­een­koms ge­nooi.

Dit is in­ter­ak­tief en e­nig­ie­mand wat in­ska­kel mag ’n me­ning lug of vrae vra.

Die be­spre­king oor voor­ge­skre­we boe­ke fo­kus ve­ral op gr. 11- en 12-leer­lin­ge, as­ook stu­den­te in hul eer­ste of twee­de jaar op u­ni­ver­si­teit.

“Ons wil hoor wat leer­lin­ge wil lees,” sê Mei­ring. “Hul­le moet ons ver­tel. Daar is die op­vat­ting dat hier­die boe­ke dik­wels swaar of on­toe­pas­lik is. Ook dat dit nie die werk­lik­heid weer­spie­ël waar­in leer­lin­ge hul­le be­vind nie.”

Mei­ring sê hul­le wil ook aan ak­tu­a­li­teit aan­dag gee.

“Ons wil praat oor Black Li­ves Mat­ter en in­dien dit in boe­ke ver­skyn en hoe dit skry­wers se werk be­ïn­vloed. Ons be­spreek tie­ner­fik­sie wat on­langs by La­pa ver­skyn het. Ons be­plan die res van die by­een­koms­te nog.”

Reeds meer as 60 men­se het ge­re­gis­treer om Don­der­dag se ses­sie by te woon.

■ Be­soek https://do­cs.google.com/forms/d/e/1FAI­pQLSf­dLi­i­cLIDD9bV5h­VuJ41shVm9­095fVC0BPa­okMVZoi­6Orhw/vie­w­form om gra­tis te re­gis­treer en ’n uit­no­di­ging na el­ke maand se by­een­koms te ont­vang.

S­ha­w­na-Le­ze Mei­ring, kin­der- en jeuguit­ge­wer by La­pa.

Ena S­teg­mann, be­mar­ker by La­pa se sko­le-af­de­ling.

Li­te­raal, ’n vir­tu­e­le boek­klub, be­gin Don­der­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.