Bes­te Cap Clas­si­que vir die jaar kom al die pad van P­let

Die Burger - - 19 -

Vir die heel eer­ste keer is ’n pro­du­sent bui­te die WesKaap­se wyn­lan­de aan­ge­wys as die bes­te pro­du­sent by die A­mo­rim Cap Clas­si­que C­hal­len­ge – en die wen­ner kom uit P­let­ter­berg­baai.

Die Newste­ad MCC Blanc de Blan­cs 2015 het nie net ’n dub­bel­goue me­dal­je en die tro­fee vir bes­te blanc de blan­cs ont­vang nie, maar is ook aan­ge­wys as die top­pres­te­ren­de Cap Clas­si­que by van­jaar se kom­pe­ti­sie.

Wen­ners van die 19de A­mo­rim Cap Clas­si­que C­hal­len­ge, SuidA­fri­ka se kom­pe­ti­sie wat uit­sluit­lik toe­ge­spits is op die ver­e­ring van die land se top Cap Clas­si­que­von­kel­wy­ne, is ver­le­de week aan­ge­kon­dig.

Die kurk­ver­vaar­di­ger, A­mo­rim Cork SA, vier ook van­jaar 150 jaar van kurk­ver­vaar­di­ging vir die in­ter­na­si­o­na­le wyn­be­dryf.

Newste­ad is aan die Kaap­se suid­kus in P­let­ten­berg­baai ge­leë en is in 2006 deur Doug en Sue Lund ge­ves­tig. Die eer­ste wy­ne is in 2012 ge­maak.

Van­jaar is die eer­ste keer dat dié kel­der by die kom­pe­ti­sie uit­blink. Die toe­ken­ning vir die bes­te pro­du­sent word ge­gee aan die wyn wat die hoog­ste ge­sa­ment­li­ke punt van die vyf be­oor­de­laars ont­vang het.

Al­te­saam 121 in­skry­wings is van­jaar ont­vang met brut-ver­snit­te wat die mees­te in­skry­wings ont­vang het (41), ge­volg deur blanc de blan­cs (37).

Tro­feë is ge­gee vir die bes­te pro­du­sent, bes­te blanc de blanc, bes­te brut-ver­snit, bes­te rosé, bes­te de­mi-sec en die bes­te Cap Clas­si­que in die mu­seum­klas (wy­ne wat agt jaar en ou­er is). Ne­ge wy­ne het dub­bel­goud en ses het goud ge­kry.

“Ná ’n te­leur­stel­len­de ver­to­ning ver­le­de jaar, het die blanc de blan­cs-klas weer ge­skit­ter in 2020 en dit was die kon­se­kwent­ste en baie in­druk­wek­kend,” sê Hei­di Du­miny, Kaap­se wyn­mees­ter en sa­me­roe­per van die be­oor­de­laar­spa­neel.

“Die bril­jant­heid van die 2015oes­jaar het hier reg­tig na vo­re ge­kom. Die bes­te wy­ne was uit­een­lo­pend in styl, van hel­der en fors tot meer klas­siek en sui­wer. Var­ser sty­le met lan­ger gis­moer­kon­tak moet ook spe­si­a­le mel­ding kry. Ons het ’n uit­ste­ken­de ba­lans van vruguit­druk­king, gis­moer­kom­plek­si­teit en oor­deel­kun­di­ge dosa­ge (ver­soe­ting) waar­ge­neem. C­har­don­nay-ge­dre­we wy­ne blyk be­slis die be­lo­wend­ste te wees vir Cap Clas­si­que oor die al­ge­meen,” sê sy.

Jo­a­quim Sá, A­mo­rim Cork SA se be­stu­ren­de di­rek­teur, meen die feit dat dit so­veel en­toe­si­as­me on­der pro­du­sen­te ont­lok het, be­klem­toon die feit dat die kom­pe­ti­sie ’n be­lang­ri­ke deel van die Suid-A­fri­kaan­se wyn­be­dryf ge­word het.

“Dit het ’n wa­re kol­lek­tie­we po­ging ge­verg om die kom­pe­ti­sie op dreef te kry, met al­le be­trok­ke­nes wat be­son­der hard moes werk – van die or­ga­ni­se­ring om wyn­in­skry­wings wet­tig te ver­voer ty­dens die in­per­king, tot die or­ga­ni­seer­ders wat maat­re­ëls in plek moes kry om te ver­se­ker dat die be­oor­de­ling van die wy­ne in ’n vei­li­ge om­ge­wing kon voort­gaan.

“Ek wil graag al­mal betrokke be­dank dat hul­le die ek­stra myl ge­stap het, ver­al die Cap Clas­si­que-pro­du­sen­te wat 121 wy­ne vir be­oor­de­ling ge­stuur het in ’n tyd wat hul­le fo­kus op­ge­ëis is deur die uit­da­gings van Co­vid-19 en die uit­wer­king daar­van op die wyn­be­dryf,” het hy ge­sê.

Ver­snit-re­dak­sie

Fo­to: DANIE NEL PHOTOGRAPH­Y

Al die tro­fee­wen­ners: (van links) Za­nie Vil­joen van L’Or­marins (rosé-tro­fee), Han­nes Nel van Lou­rens­ford (mu­seum­klas-tro­fee), Jo­a­quim Sá van A­mo­rim Cork SA, Pie­ter Fer­rei­ra van Gra­ham Beck (de­mi-sec-tro­fee), An­ton S­mal, Doug Lund, en Sue Lund (al­mal van Newste­ad Wi­nes) (blanc de blan­cs-tro­fee en al­ge­he­le wen­ner) en Pi­ti Coet­zee van K­lein Roos­boom (brut-tro­fee).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.