50 Jaar ge­le­de | 8 Ok­to­ber 1970

Die Burger - - 15 -

V Vroue aan­ge­val: ’n Be­jaar­de blan­ke vrou (75) van Groen­punt is gis­ter­mid­dag wreed aan­ge­val en ver­moe­de­lik ver­krag toe sy na­by die ver­la­te rol­bal­ba­ne in Hil­l­weg, Groen­punt, ge­stap het. ’n Ban­toe het haar met ’n stuk­ken­de bot­tel in die ge­sig ge­kap. Sy is per am­bu­lans na Groo­te S­chuur-Hos­pi­taal ge­bring waar haar toe­stand gis­ter­aand as “baie swak” be­stem­pel is. In Ge­or­ge is ’n mid­del­ja­ri­ge blan­ke vrou van Wil­der­nis gis­ter­aand laat dood in haar huis aan­ge­tref. Die po­li­sie is steeds be­sig met ’n in­ten­sie­we on­der­soek na die om­stan­dig­he­de van haar dood.

V Nu­we kerk: Die plan­ne vir ’n nu­we N.G. kerk op Tul­bagh is van­dees­week aan die kerk­raad voor­ge­lê en het die doods­klok ge­lui vir die his­to­rie­se spits­to­ring­kerk wat ja­re lank reeds oor die dorp uit­troon. Hier­die ou kerk moes ge­sloop word. Heel­par­ty men­se van Tul­bagh meen dat die kerk van­weë sy ar­gi­tek­to­nie­se en his­to­rie­se waar­de be­hou moet word. Die kerk­raad, on­der lei­ding van ds. H.A.A. Lam­brechts, het son­der teen­stem be­sluit dat die kerk ge­sloop moet word.

V Geen in­ter­var­si­ty: Die S­tu­den­te­raad van die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad het gis­ter­aand be­sluit om sy jaar­lik­se In­ter­var­si­ty-rug­by­wed­stryd teen die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch op te skort tot­dat die Ma­ties in­wil­lig dat die In­ter­var­si­ty ’n veel­ras­si­ge by­een­koms kan wees. Die op­hef­fing moet geld tot­dat al die sport­man­ne wat aan die In­ter­var­si­ty deel­neem op die grond­slag van ver­dien­ste ge­kies word en tot­dat al­le toe­skou­ers by die In­ter­var­si­ty ge­ly­ke reg­te kan ge­niet in die by­wo­ning van al­le sport­ge­sel­lig­he­de. Mnr. S­te­ve Hil­lock, ska­kel­be­amp­te van die u­ni­ver­si­teit en ’n lid van die eer­ste rug­by­span, het gis­ter­aand ge­sê die be­sluit van die s­tu­den­te­raad is nie fi­naal nie. “Die U­ni­ver­si­teits­raad het die laas­te sê en die rug­by­klub is nog nie in ken­nis ge­stel nie.”

V Groot staatskom­pleks: ’n Reu­se-pro­jek om die staatskom­pleks om die Par­le­ments­ge­bou in Kaap­stad om te skep tot ’n heg­te een­heid, is deur die Ka­bi­net goed­ge­keur. Die werk aan die pro­jek sal na ver­wag­ting tus­sen twaalf en vyf­tien jaar duur, vol­gens mnr. Blaar Coet­zee, Mi­nis­ter van O­pen­ba­re Wer­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.