Ner­sa mag ap­pèl­hof toe oor E­s­kom-‘boei’

Die Burger - - 17 -

Die Na­si­o­na­le E­ner­gie­re­gu­leer­der (Ner­sa) mag ap­pel­leer teen ’n be­sluit van die hoog­ge­regs­hof oor die ver­ha­ling van R69 mil­jard via E­s­kom-ta­rie­we.

As Ner­sa se ap­pèl slaag, kan dit ’n stok­kie voor skerp sty­gings in die krag­ta­rie­we steek.

Ca­lib Cas­siem, fi­nan­si­ë­le hoof van E­s­kom, het gis­ter ken­nis ge­neem van reg­ter Fay­ee­za Kathree-Se­ti­lo­a­ne se be­slis­sing waar­mee ver­lof tot ap­pèl aan Ner­sa toe­ge­staan is. Hy het ge­sê dit is ’n be­lang­ri­ke saak vir die land en dit sal goed wees as ’n ho­ër hof oor die ver­ha­ling van die R69 mil­jard be­sluit.

Dit spruit uit ’n be­sluit van Ner­sa in Sep­tem­ber 2018 om die staat se red­dings­boei van R69 mil­jard, wat in 2018 aan E­s­kom ge­gee is, van die kragreus se toe­laat­ba­re in­kom­ste af te trek. E­s­kom het Ner­sa hof toe ge­vat om­dat hy meen die red­dings­boei het niks met krag­ta­rie­we of die kos­te van krag­op­wek­king te doen nie en be­doel was om sy skuld te help te­rug­be­taal en sy ba­lans­staat te ver­be­ter. Kathree-Se­ti­lo­a­ne het aan­vank­lik be­slis dat Ner­sa on­wet­tig op­ge­tree het deur die R69 mil­jard uit sy be­re­ke­nings te laat. Sy het be­slis dat E­s­kom ge­reg­tig is daar­op om sy ta­rie­we in die 2021-’22-geld­jaar met by­na 10% te ver­hoog so­dat hy R23 mil­jard ek­stra kan in­vor­der. In die daar­op­vol­gen­de twee jaar sou E­s­kom ook sy ta­rie­we kon ver­hoog om die res van die R69 mil­jard in te vor­der, wat Ner­sa meen hom nie toe­kom nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.