Doods­angs­in­die­sel­le

Die Burger - - Aktueel -

’n An­der man ver­tel wat by een van die aan­hou­ding­sel­le ge­beur het.

Twee ou ka­lan­te van Se­ne­kal, net be­kend as Kings­ley en Mo­ham­med, was vir hul ge­wo­ne stre­ke in die sel­le.

Die een het glo ’n sak kle­re ge­steel, die an­der ’n te­le­vi­sie­stel.

Die twee het glo in doods­angs ge­sit en luis­ter hoe sko­te klap, ’n deur af­ge­breek word en hoe woe­den­de man­stem­me al hoe na­der kom.

Teen dié tyd het al­mal ge­weet Se­kwe­tje Mahlam­ba (32) en Se­ko­la Mat­la­let­sa (44), ver­meen­de moor­de­naars van B­ren­din Hor­ner (21), het hier in die hof ver­skyn.

Toe die be­to­gers by die sel­le in­bars, het die twee in doods­angs glo let­ter­lik teen die tronk­mu­re uit­ge­klim, op soek na ’n ont­snap­roe­te.

“Een van hul­le het in Sotho ge­skreeu ‘s­kiet ons dood voor die boe­re ons vat’, maar ge­luk­kig het van die ou­ens ge­weet hoe lyk die twee wat weens die moord aan­ge­hou word,” ver­tel die man.

Nie­mand weet of die ver­meen­de moor­de­naars in daar­die s­ta­di­um nog in die aan­hou­ding­sel­le was nie. Die po­li­sie het aan­hou sê hul­le is reeds weg­ge­vat.

Nie­mand het ge­sien wie die sel­le pro­beer af­brand het nie en ook nie hoe die bak­kie aan die brand ge­raak het nie.

“Mis­kien het die bak­kie maar van­self be­gin brand om­dat sy pe­trol uit­ge­loop het,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.