Be­kom­mer­de Eish vol­gen­de op­pie lei­sh . . .

Die Burger - - Kommentaar - Blou­wil­le­maan­dag

As daar nou een ou din­ge­tjie is wat ons so deur die herfs en win­ter tot hier in die len­te ge­leer het, is dit dat ons met baie min­der kan klaar­kom as dit moet.

Baie, baie min­der van al­les. En ons het nie te veel daar­van oor­ge­kom nie.

Ons het in ’n s­ta­di­um ge­pak vir drie dae en toe uit­ein­de­lik 43 dae met dáái drie dae se kle­re klaar­ge­kom en toe ag­ter­ge­kom hoe­veel goed in die kas­te hang wat of te k­lein, uit die mo­de, te le­lik of som­mer net oor­bo­dig is.

Ter­loops, das­se ge­bruik ek dees­dae as ek nie tou in die han­de kan kry nie. Sal maar tou ge­bruik as ek ooit weer ’n pak kle­re moet dra.

En so het on­se pie­pols ook ag­ter­ge­kom dat ons baie goed son­der kan­toor­spa­sie, le­wen­de prof­fies voor in ’n klas, ’n ge­ry­e­ry drie keer ’n dag soe­per­mark en mal­le­malls toe, uit­eet, swak soe­per­sport of ’n nog vrot­ter SAL kan reg­kom.

Maar dis nie nood­wen­dig al­les lek­ker nie, want so moet ons nou, ná al­les wat ons moes ont­beer, hoor dat Mar­mi­te die ein­de van die toe­brood­jie be­reik het.

Ken­ners gis dis om­dat brou­ers­gis op­ge­raak het om­dat daar nie bier ge­brou is nie (die e­nig­ste in­stan­sie wat in die in­per­king aan­hou brou het, was die re­ge­ring).

Ja nee, en as ek my nie mis­gis nie, gaan ons Mar­mi­te baie meer mis as die SAL of Flou­vid-ten­der­pre­neurs.

Eers moes ons son­der drank en si­ga­ret­te klaar­kom, toe mi­nus Pep­per­mint C­risp en die C­hee­tahs en nou ge­do­rie­waar Mar­mi­te! Wat gaan oor­bly?

Wa­ter? Moe­nie so se­ker wees nie. Ek weet net as ek nou ’n los geld­jie ge­had het, het ek aan­de­le ge­koop in daai an­der swart bot­tel­tjie smeer­goed.

Die an­der er­ge ge­mis (be­hal­we ’n paar van ons guns­te­ling-re­stau­ran­te) is na­tuur­lik ons ou kin­der­tjies en klein­kin­der­tjies daar in die ver­re vreem­de.

Be­hal­we A­fri­ka en al sy pie­pols is nie­mand mos hier by ons wel­kom nie en die sleg­ste is dat ons ook nie vir die kin­der­tjies Mar­mi­te, bil­tong of die ou­tan­nie se blat­jang sal kan vat nie en dat die Gup­tas vir die af­sien­ba­re toe­koms ook nie sal kan te­rug­kom om hul­le o­ran­je oor­pak­kies te kom haal nie.

In­tus­sen moet ons se­ker maar ons ver­lan­ge na die Gup­tas stil deur te kyk hoe die k­lein en me­di­um-vis­se in hul eie kie­ran­kies braai. ’n Ou me­di­um-vis­sie soos die voor­ma­li­ge Man­gau­bloem bur­ge­mees­terin wat dié week in ’n bloed­rooi rok by die hof op­ge­daag het.

In die dig­ter­li­ke woor­de van my ou tan­de­trek­ker­ma­ter daar in die Ro­se­stad: “Daar was’n vrou ge­klee in rooi/wat dink sy lyk tog al­te mooi/ maar ná die hui­di­ge kam­pan­je/ sien ons haar ho­pe­lik in o­ran­je/ vir ’n he­le paar jaar ge­tooi.”

Wens ek kon by­voeg: “Daar is ’n diep be­kom­mer­de oom Eish/ hy weet hy is vol­gen­de op­pie lei­sh/ baie stil en lank­laas ge­raas/ in die ANC nie lank meer ’n baas/ o­ran­je sy voor­land, want die Val­ke wys vuish.”

‘‘ Ter­loops, das­se ge­bruik ek dees­dae as ek nie tou in die han­de kan kry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.