Vo­da­com dalk sy Le­so­tho-li­sen­sie kwyt weens groot uit­staan­de boe­te

Die Burger - - Sake - Pe­trus Mal­her­be

Le­so­tho se kom­mu­ni­ka­sie­o­wer­heid (LCA) het Vo­da­com se reg om in die land te mag sa­ke doen, her­roep.

Die LCA sê in ’n ver­kla­ring Vo­da­com se li­sen­sie word ont­trek om­dat die diens­ver­skaf­fer ver­suim het om teen 7 Ok­to­ber ’n boe­te van R40,2 mil­joen te be­taal.

Son­der ’n gel­di­ge li­sen­sie mag Vo­da­com nie meer kom­mu­ni­ka­sie­diens­te aan in­wo­ners van dié berg­ag­ti­ge ko­nink­ryk bied nie.

Die diens­ver­skaf­fer het ’n drin­gen­de aan­soek by Le­so­tho se hoog­ge­regs­hof in­ge­dien om die LCA se be­sluit ter­sy­de te laat stel.

“Vo­da­com be­vraag­te­ken die reg­ma­tig­heid van die LCA se be­sluit,” sê hy in ’n ver­kla­ring.

Vol­gens die LCA skuld Vo­da­com hom R40,2 mil­joen se boe­te­geld.

Vo­da­com voer aan sy li­sen­sie is ont­trek om­dat hy nie die “skok­ken­de be­drag” van R134 mil­joen in boe­te­geld weens die “be­weer­de oor­tre­ding van art. 97 van die Maat­skap­py­wet” be­tyds be­taal het nie.

“Ons het geen an­der keu­se as om regs­hulp in te win nie,” sê P­hi­lip A­mo­a­teng, be­stu­ren­de di­rek­teur van Vo­da­com Le­so­tho.

“Die LCA se bui­ten­spo­ri­ge boe­te so­wel as die her­roe­ping van Vo­da­com se be­dryfs­li­sen­sie is ver­keerd ten op­sig­te van die wet en o­pen­ba­re be­leid.”

Vo­da­com Le­so­tho het nou twee we­ke om die LCA se be­sluit deur die land se hoog­ge­regs­hof te laat her­sien. Hy het reeds die kom­mu­ni­ka­sie­o­wer­heid oor sy voor­ne­me in­ge­lig om die saak ver­der te voer. Hy be­skou die LCA se be­sluit om sy li­sen­sie te her­roep as ’n “bla­tan­te ver­ont­ag­sa­ming van die wet”.

“Ge­ge­we die vy­an­dig­heid wat

‘‘ Ge­ge­we die vy­an­dig­heid wat die LCA teen­oor Vo­da­com ge­toon het, is ons op­sies nou be­perk tot die howe.

— P­hi­lip A­mo­a­teng

die LCA teen­oor Vo­da­com ge­toon het, is ons op­sies nou be­perk tot die howe om ver­de­re ska­de aan ons han­dels­naam, re­pu­ta­sie en die be­lan­ge van ons kli­ën­te, aan­deel­hou­ers en werk­ne­mers te voor­kom,” sê A­mo­a­teng.

Die pre­sie­se re­de vir die boe­te wat Vo­da­com Le­so­tho op­ge­lê is, is nie be­kend ge­maak nie.

Die diens­ver­skaf­fer het wel voor­heen kop­pe ge­stamp met die re­ge­ring van die vo­ri­ge eer­ste mi­nis­ter, Tom T­ha­ba­ne.

T­ha­ba­ne en sy hui­di­ge vrou, Ma­e­sai­ah, is ver­dag­tes in ’n moord­saak.

As deel van die on­der­soek het die po­li­sie sel­foon­sta­te van T­ha­ba­ne en Ma­e­sai­ah van Vo­da­com ge­vra, wat die diens­ver­skaf­fer toe oor­han­dig het.

Kort daar­na is Vo­da­com met R8 mil­joen be­boet om­dat hy, vol­gens die LCA, ver­suim het om sy wet­li­ke ver­plig­tin­ge na te kom.

Die LCA be­weer ook Vo­da­com het ver­suim om ag­ter­stal­li­ge re­gu­la­to­rie­se gel­de te be­taal.

Vo­da­com gee sy kli­ën­te in Le­so­tho eg­ter die ver­se­ke­ring sa­ke gaan voort soos nor­maal.

Lui­dens sy jong­ste jaar­ver­slag het Vo­da­com 1,6 mil­joen kli­ën­te in Le­so­tho met ’n to­ta­le in­kom­ste van R13,77 mil­jard.

Sy aan­deel­prys het Vry­dag met 0,3% tot R123,08 ge­daal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.