Dis­si­pli­ne pla Ha­wies, maar nu­we­lin­ge laat hom glim­lag

Die Burger - - Sport - O­wen Kock

Die Vry­staat-C­hee­tahs het Sa­ter­dag in Bloem­fon­tein die grond­slag ge­lê vir die Su­per­rug­by Un­loc­ked-reeks deur ’n skit­ter­ver­to­ning teen die Pu­mas te le­wer. ou wil hul­le daar­op voort­bou wan­neer hul­le Vry­dag tuis die Bul­le pak.

Die C­hee­tahs is stert in die lug ná hul oor­win­ning van 53-31 (41-3 rus­tyd) oor die La­e­vel­ders, maar hul­le sal ’n af­ge­ron­der ver­to­ning vir die he­le 80 mi­nu­te wil le­wer.

Teen die Pu­mas het hul­le net in die eer­ste helf­te op al hul sui­ers ge­vuur, maar met die twee­de helf­te was die af­rig­ter, Ha­wies Fou­rie, glad nie in sy nop­pies nie.

Hy het ál sy spe­lers speel­kans ge­gee en dit het daar­toe ge­lei dat hul­le ge­suk­kel het in die twee­de helf­te.

Maar nou is dit in die ver­le­de. “Ons het die Bul­le-wed­stryd in ge­dag­te ge­had, want dis ’n kort om­draai­tyd voor Vry­dag se wed­stryd. Ná rus­tyd toe ons ge­voel het ons het die wed­stryd in die sak­kie, het ek be­gin om die plaas­ver­van­gers op te stuur.

“Die man­ne wat op­ge­stuur is, het goed ge­speel, maar as ’n span het ons te veel fou­te be­gaan en ons dis­si­pli­ne het ons in die steek ge­laat,” sê Fou­rie.

Wat wel ver­bly­dend was vir die C­hee­tahs, is dat die spe­lers wat hul bui­ging ge­maak het – die S­pring­bok-sen­ter Frans S­teyn en die flank An­di­sa Nt­si­la – goed ver­toon het.

“Frans het die wed­stryd goed be­heer, tak­ties baie goed ge­skop en ’n paar groot duik­slae op die ver­de­di­ging ge­maak.

“An­di­sa was weer goed by die af­breek­pun­te en het ’n paar keer om­keer­be­sit vir ons ge­kry.

Die plaas­ver­van­ger-ha­ker, Lou­is van der West­hui­zen, sal min­der te­vre­de voel met sy ver­to­ning na­dat hy met ’n geel­kaart af­ge­stuur is vir ’n boor­vat.

“C­hucky (Van der West­hui­zen) was iet­wat on­ge­luk­kig met daai duik­slag. Ek ver­staan hoe­kom Jaco Pey­per (skeids­reg­ter) hom die geel­kaart moes gee, maar as ’n s­pe­ler so in ’n duik­slag s­pring, is dit moei­lik om hom vei­lig grond toe te b­ring,” sê Fou­rie.

Sy span het agt drieë ge­druk, ses daar­van in die eer­ste helf­te. Die vleu­el Malcolm Ja­er het ’n drie­kuns be­haal en Ro­sko S­pe­cman kon ook ’n der­de drie ge­druk het, maar het be­sluit om die bal vir sy kap­tein, Ru­an Pie­naar, te gee om te druk.

Ja­er het in die eer­ste helf­te aan die lin­ker­kant van die veld op­ge­duik en ’n bal voor sy span­maat S­pe­cman ge­gaps om te gaan druk.

“Dis ’n be­we­ging wat ons doen. Al­bei vleu­els is aan die­self­de kant ná die eer­ste los­ge­maal, so hy was dus daar om­dat dit so moes wees.”

An­der spe­lers wat baie te­vre­de met hul ver­to­nings kan voel, is die flank Ju­ni­or Po­ko­me­la, die slot Carl Weg­ner (S­pe­ler van die Wed­stryd) en die heel­ag­ter, Clay­ton Blom­me­tjies.

Vir die Pu­mas se brei­er, Jimmy S­to­ne­hou­se, was dit ’n min­der goeie mid­dag in die Vry­staat­se hoof­stad, maar hy gee toe die

C­hee­tahs het ’n baie goeie span.

Sy span kon wel daar­in slaag om vier keer te gaan druk, met een drie deur die voor­ma­li­ge C­hee­tah-flank Da­niel Maar­tens.

In die slot­po­si­sie kan Le Roux Roets ook trots wees op sy uit­ha­ler­ver­to­ning.

“Dis ’n moei­li­ke sei­soen. Ons sit met se­we nu­we spe­lers uit o.21rug­by en dit maak dit ’n bie­tjie moei­lik. As jy kyk na die on­der­vin­ding wat in hier­die span van die C­hee­tahs is, het ons ge­weet wat om te ver­wag.

“Dan sit jy met daai twee he­mel­be­sems (Weg­ner en Walt S­teen­kamp) op slot. Dit maak die le­we moei­lik.

“Jy moet jou lyn­staan­bal­le kry om in die wed­stryd te bly en dit was die ver­skil in die eer­ste helf­te. In die twee­de helf­te het ons meer die be­sit ge­hou en die tem­po self ge­jaag.”

S­to­ne­hou­se sê hul­le het teen ’n ge­won­de C­hee­tah-span ge­speel wat wou wys hul­le hoort in die Pro-rug­by­reeks.

“Met die C­hee­tahs se ag­ter­ste drie­hoek het ons be­plan om nie die bal op hul­le te skop nie. Dit het toe an­ders uit­ge­werk en ons on­ge­loof­lik seer­ge­maak.

“Hul­le gaan nog baie span­ne laat ly met hul ag­ter­ste drie­hoek.” ■ Pun­te­ma­kers: Vry­staat-C­hee­tahs 53 (41): Drieë: Malcolm Ja­er (3), Ju­ni­or Po­ko­me­la, Ro­sko S­pe­cman (2), Ru­an Pie­naar, Wil­li­am Small-S­mith. Doel­skop­pe: Pie­naar (5). Straf­doel: Pie­naar.

Pu­mas 31 (3): Drieë: Gin­ter S­muts, Da­niel Maar­tens, Le Roux Roets, Neil Ma­ritz. Ed­die Fou­ché (4). Fou­ché.

Fo­to: GALLO I­MA­GES

Malcolm Ja­er op pad na sy eer­ste drie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.